Kan jy aan nuwe kreatiewe Afrikaanse woorde dink vir die Engelse wrap, hotspots en trolling? Kom wys dan jou staal en neem deel aan die Taalsentrum se Nuwe Woorde-kompetisie wat ter viering van ons tiende verjaarsdag vanaf 1-31 Oktober gehou sal word. Jy staan die kans om’n R 1000-boekbewys van Protea Boekwinkel of The English Dictionary for South Africa van Pharos Woordeboeke te wen.
Klik op http://yourls.sun.ac.za/kompetisiecompetition en stuur vandag nog jou Afrikaanse nuutskeppinge in.
Navrae: Karlien Cillié