In Engels kry ’n mens ’n “locust” en ’n “grasshopper”. Is die Afrikaans vir albei hierdie woorde net “sprinkaan”?
Volgens Eric Holm (Insekte, Struik Uitgewers, Kaapstad, 1987) kan ’n mens oor die algemeen onderskei tussen treksprinkane wat in swerms voorkom (en baie vinnig groot verwoesting kan saai) en veldsprinkane. Eersgenoemde sou met “locust” vertaal kon word, en laasgenoemde met “grasshopper”.