Deprecated: Return type of WP_Hook::current() should either be compatible with Iterator::current(): mixed, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 482

Deprecated: Return type of WP_Hook::next() should either be compatible with Iterator::next(): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 495

Deprecated: Return type of WP_Hook::key() should either be compatible with Iterator::key(): mixed, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 508

Deprecated: Return type of WP_Hook::valid() should either be compatible with Iterator::valid(): bool, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 521

Deprecated: Return type of WP_Hook::rewind() should either be compatible with Iterator::rewind(): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 532

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetExists($offset) should either be compatible with ArrayAccess::offsetExists(mixed $offset): bool, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 424

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetGet($offset) should either be compatible with ArrayAccess::offsetGet(mixed $offset): mixed, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 438

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetSet($offset, $value) should either be compatible with ArrayAccess::offsetSet(mixed $offset, mixed $value): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 452

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetUnset($offset) should either be compatible with ArrayAccess::offsetUnset(mixed $offset): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 469
Taalleerhub – Stellenbosch University Language Centre

Category: Taalleerhub

Boekgeselsie met Helga S

Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Helga Sykstus. Helga bestuur die Taalsentrum se Taalleerhub en is ʼn spesialis op die gebied van taalverwering in Afrikaans. Sy bied ook akademiesegeletterhedemodules aan.

“Ek deel al vir 22 jaar my passie vir Afrikaans, maar ook vir taal en kultuur in die breë, met my studente en kliënte. Ek onderrig Afrikaans op verskillende vlakke, van beginner- tot akademiese vlak, en hoop om deur taal nie net te bemagtig nie, maar ook bande tussen mense te smee.”

Wat is die titel van jou gunstelingboek, of ʼn boek wat ʼn diep indruk op jou gemaak het, of ʼn boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?
When the Moon is Low deur Nadia Hashimi.

Hoekom het hierdie boek jou só beïndruk?
Ek stel baie belang in die verhale van Afghaanse vroue omdat dit soveel van my realiteit verskil en ek veral hul innerlike krag, ten spyte van komplekse en moeilike lewensomstandighede, bewonder en inspirerend vind. Dit is ook nie net verhale wat in boeke afspeel nie, maar die werklikheid vir soveel vroue en kinders in Afghanistan.

Die verhaal gaan oor ʼn vrou, Fereiba, wat met haar drie kinders uit Kabul moet vlug vanweë vervolging deur die Taliban. Sy besluit om na familie in Londen te vlug en pak ʼn gevaarlike reis deur Iran, Turkye en Griekeland aan. Haar oudste seun, Saleem, word egter in Athene in hegtenis geneem en van die res van die gesin geskei.

Hierdie boek het my op ‘n ander manier laat kyk na veral die pyn en hartseer wat met immigrasie gepaard gaan. Die verhaal van vlugtelinge en migrante wat sukkel om van ellende en ‘n spoedige dood te ontkom, vang die werklikheid vas van wat dit beteken om ʼn immigrant te wees. Die skrywer beeld dit uit op ‘n manier wat onder jou vel inkruip en jou diep roer. Ek moes die boek elke nou en dan vir ʼn paar dae laat lê omdat dit te moeilik was om verder te lees. Die verhaal ruk aan die hart.

Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe só?
Gabriel Garcia Marquez en Isabel Allende omdat ek mal is oor hul subtiele gebruik van ʼn magiese realisme, en Khalid Hosseini vir sy diep en ryk uitbeelding van Afghanistan.

Wat lees jy op die oomblik?
Ek lees Inspire: Life Lessons from the Wilderness deur Ben Fogle.

Ek het ʼn paar jaar gelede verlief geraak op Ben Fogle se program Where the wild men are, wat gaan oor mense wat gekies het om ʼn lewe in die samelewing te verruil vir ʼn afgesonderde lewe in die natuur. Die soeke na ʼn rustiger, eenvoudiger lewe het my nog altyd aangegryp en dit is ook die rede hoekom ek besluit het om hierdie boek te koop. Fogle deel sy eie lewenslesse asook dié van ander wat nader aan die natuur leef. Die boodskap wat hy voor in vir my geskryf het, is: “Dear Helga. Don’t stop dreaming and take the leap.”

Verkies jy dit om ‘regte’ gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op ʼn Kindle of ʼn ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?
Definitief ‘regte’ gedrukte boeke. Ek wil ʼn boek vashou, die bladsye ruik en dit uitpak in my boekrak sodat ek altyd herinner word aan die wonderlike verhale wat ek al gelees het.

Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?
Ek lees nie boeke twee keer nie, omdat daar te veel is om te lees.

Wie is jou gunsteling- literêre karakter?
Ek het nie ʼn gunsteling- literêre karakter nie.

Het jy dalk ʼn lewensles uit ʼn boek of by ʼn karakter uit ʼn boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?
Meeste boeke wat ʼn indruk op my maak, gaan oor die innerlike krag en uithouvermoë van die mens, die liefde vir ander, die liefde vir kultuur en die natuur.

[us_hwrapper]

Die les wat ek daaruit leer, is om bewus te wees van die klein dingetjies wat elke dag om my gebeur en dit ten volle in te neem.”

[/us_hwrapper]

Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?

  • The House of Spirits – Isabel Allende
  • Love in the Time of Cholera – Gabriel Garcia Marques
  • The Good Daughter – Jasmin Darznik
  • Salt Houses – Hala Alyan
  • A Thousand Splendid Suns – Khalid Hosseini
  • A Walk Across the Sun – Corban Addison

 

Tags: , , , , ,

ʼn Kykie na Afrikaanse taal en kultuur, pasgemaak vir Nederlandssprekende uitruilstudente

[us_image image=”18771″ size=”us_600_600_crop”]

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Taalsentrum is al vir meer as 20 jaar betrokke by die Global Education Programme van die US se Internasionale Kantoor met die aanbied van ʼn Beginnerafrikaanskursus vir besoekende studente. In 2015 is daar besluit om die aanbod uit te brei na ʼn pasgemaakte kursus, naamlik ʼn Afrikaanse taal- en kultuurkursus spesifiek gerig op studente uit Nederland en België met Nederlands as moedertaal. Aangesien Afrikaans ʼn sustertaal van Nederlands is, kan daar op soveel méér as bloot taalkunde en die verwerwing van Afrikaans gefokus word. En alhoewel Nederlandse studente die behoefte het om ʼn beetje Afrikaans te praat, wil meeste ook iets oor die kultuur van die taal en die land ervaar.

Die taalkomponent van die kursus fokus hoofsaaklik op die verskille tussen Afrikaans en Nederlands ten opsigte van uitspraak, spelling en sekere taalstrukture. Studente leer ook van die leenwoorde in Afrikaans ontleen uit ander tale as Nederlands, soos ‘baie’, ‘gogga’, ‘babelaas’ en ‘mielie’, om maar ʼn paar te noem. ʼn Ander onderwerp wat lei tot ʼn lekker gelag en soms groot verwarring is die groot aantal valse vriende tussen Afrikaans en Nederlands. Dink maar aan woorde soos ‘amper’, ‘vaak’, ‘vies’ en dan, natuurlik, die Nederlands vir ‘kat’.

Ten opsigte van kultuur volg ons ʼn eklektiese benadering. Ons probeer vir studente ʼn oorkoepelende ervaring bied van Afrikaanse kultuur, in al sy kompleksiteit en kleurrykheid. Onderwerpe wat ondersoek en bespreek word, sluit in identiteit, herkoms, geskiedenis en die ekonomies-politiese rol van die Afrikaanssprekende groep. Studente kry blootstelling aan verskillende soorte tekste soos Afrikaanse kortverhale, gedigte en akademiese artikels, asook musiek en films. Aan die hand hiervan moet hulle dan hul eie ervaring en verstaan van die taal en kultuur illustreer. Verder kry studente die geleentheid om die taal en kultuur buite die lesinglokaal te ervaar met uitstappies na die Stellenbosch Village Museum, die Afrikaanse Taalmonument asook ʼn wynproe in Afrikaans by een van die omliggende wynplase. ʼn Hoogtepunt in die kursus is wel die gassprekers wat die studente kom besoek om oor hul ervaring van taal, herkoms en identiteit te gesels. Die eerste jaar wat die kursus aangebied is, het die sanger Koos Kombuis en die landskapskunstenaar Strydom van der Merwe die studente kom verras. Ons het ook al die bekende digter Diana Ferrus op besoek gehad en meer onlangs die AfriKaapse kletsrymer Jitsvinger, wat ʼn besondere indruk op die studente gemaak het. ʼn Gereelde en gewilde besoeker is die kletsrymer Frazer Barry, ook die voorsanger van die groep Tribal Echo, wat graag sy liefde vir musiek en Afrikaans, asook sy eie herkoms met die studente kom deel.

Die uiteindelike doel met die kursus is om hierdie studente se horisonne gedurende hul kort tydjie in Stellenbosch en Suid-Afrika te verbreed sodat hulle met ʼn ryker ervaring as net kennis van die Afrikaanse stereotipes wat wentel om braaivleis, melktert en rugby terugkeer na Europa. Studenteterugvoer soos hierdie bevestig dat die kursus die spyker op die kop slaan: “Ek het elke Afrikaanse les geniet en gedink dit is regtig ‘n toevoeging tot my semester hier in Stellenbosch. Dankie vir hierdie kursus en die fasiliteerder se eindelose verbintenis, wat seker waardeer word!”

– deur Helga Sykstus

Tags: ,

Taalleerhub-vreugde: Sy hart klop warm vir Afrikaans

Dit gebeur min dat ons ʼn versoek van iemand kry wat vir drie maande Suid-Afrika toe wil kom om Afrikaans te leer.

Maar onlangs het dit wel gebeur: Wietse Hilverda, ʼn Nederlandse sakeman, wat die afgelope dekade in Aix, Frankryk, woon, het Stellenbosch in 2018 juis om hierdie rede kom besoek. Hy wou die moontlikheid van ʼn pasgemaakte kursus met twee kollegas van die Taalsentrum, Helga Sykstus en Arné Binneman, ondersoek. Die uiteinde was die skep van die kortkursus ‘Afrikaans language and culture for Dutch speakers’, wat Wietse sedert einde Maart vanjaar by die Taalsentrum se Taalleerhub volg. Helga het met Wietse gesels om uit te vind hoe hy oor sy sesde taal voel.

Hoekom juis Stellenbosch?

Myns insiens word Stellenbosch steeds beskou as die sentrum van Afrikaans en die beste plek om Afrikaans te leer. My besoek in 2018 was juis om finaal te besluit of dit die mees gepaste plek is.

Hoe vergelyk jou verwagtinge met jou uiteindelike ervaring?

My ervaring is veel beter as wat my verwagtinge ooit kon wees! Die redes hiervoor is die aanpasbaarheid van die program, die temas wat as stimulus vir gesprekke aangewend word en die ontmoetings met ander Suid-Afrikaners wat vir my ʼn gevarieerde en ryk beeld van die land en sy mense gee. En die goue draad natuurlik, die taal. Afrikaans.

Wat is jou indrukke van Afrikaanssprekendes?

Afrikaanssprekendes is minder Europees as wat ek gedink het. Eerder eg Suid-Afrikaans. Ek baseer dit op hul liefde vir die taal, die land en die mense. Hierdie tipe gebondenheid vind mens moeilik in Europa. Suid-Afrikaners is ook oor die algemeen sintuiglik baie meer ingestel, en hul ervaring van dit wat om hul aangaan, is vir my baie meer intens.

Is daar enigiets waaroor jy heeltemal verras was?

Ja, hoe lief mense vir Afrikaans is. Hoe graag mense met my wil praat. Hoe ontvanklik en openhartig mense is asook die waardering wat hulle daarvoor het dat ek so graag Afrikaans wil leer praat.

Het jy enige gunstelingwoorde in Afrikaans?

O ja! Lekker. Snaaks. Padkos. Goed gaan. Vinnig. Kosmandjie.

Ek is veral geïnteresseerd in valse vriende – woorde wat in beide Afrikaans en Nederlands voorkom, maar van betekenis verskil.

Die kursus wat Wietse volg, kom uit die Taalleerhub, ʼn nuwe inisiatief binne die Taalsentrum, wat vir kliënte ʼn ruimte wil bied om taal aan te leer en te verbeter. Die kursus fokus op die ryk geskiedenis wat Nederlands en Afrikaans deel, maar veral ook op die uiteenlopendhede in die kultuur van die Afrikaanse taal en gemeenskap.

Ander kortkursusse wat deur die Taalleerhub aangebied word, is gerig op lede van die publiek wat daarin belangstel om basiese Afrikaans of Xhosa aan te leer vir sosiale gebruik. E-pos Helga of Arné gerus vir meer inligting.

 

A toast to a sixth language at the Language Hub

Vang hulle uit met taal

Dis dringend! Dis van ’n welbekende instelling! Doen dit nou!

Dis heel waarskynlik ’n slenter…

As jy vir ’n groot maatskappy werk, het jy tien teen een e-posse van die IT-departement ontvang wat jou teen uitvissing‑aanvalle waarsku. Die rede vir sulke waarskuwings kan wees omdat iemand ’n skakel in ’n e-pos oopgemaak het wat probeer om gebruikersname, wagwoorde of bankbesonderhede te steel en die boosdoener het heel waarskynlik hierdie persoon se rekening gebruik om selfs meer uitvissing‑e-posse te versprei.

Verizon, ’n telekommunikasiemaatskappy in die VSA, het bevind dit neem meer as ’n halfuur (gemiddeld) vir ’n werknemer om ’n suspisieuse e-pos aan te meld. Om dié rede kon minstens een persoon binne ’n skrale dertig minute statisties reeds aan die aas gebyt het. En as jy eers aan die hoek is, sal jy inkatrol word en die gevolge daarvan dra.

Die goeie nuus is dat die sleutel om ’n kuberstrikroof-aanval te vermy dalk in taal lê.

Tydens die 12de Internasionale Konferensie oor Semantiese Rekenaarverwerking wat in 2018 deur die Instituut vir Elektriese en Elektroniese Ingenieurs (IEEE) aangebied is, het navorsers verduidelik hoe hulle deur die ontleding van die taalgebruik in uitvissing‑e-posse uitvissingpogings akkurater as kubersekuriteitsmaatskappy Netcraft se toonaangewende teenuitvissingsprogram kon identifiseer. Een van die vernaamste leidrade wat die navorsers geïdentifiseer het, was dat uitvissing‑e-posse amper altyd dringend geklink het, en opmerkings soos “Verander onmiddellik” of “Stuur binne die volgende 24 uur” bevat het. Nog ’n rooi vlag is die manier waarop die ontvanger aangespreek word – die generiese of onpersoonlike “Dear Client” of “Geagte/Beste kliënt” moet die gevaarklokkies laat lui! Iets anders wat jy jouself moet afvra, is: Is daar enige spelfoute? Spel‑ en tipografiese foute verklap dikwels dat die oorsprong van die e‑­pos verdag is.

As linguistiek nie jou forte is nie, doen die volgende:

  • Bevestig dat die e-pos‑ en webwerfadres in die e-pos bo verdenking is.
  • Moenie op enige skakel in ’n e‑pos klik nie – tensy jy weet dat die afsender en skakel betroubaar is.
  • Moenie op versoeke vir persoonlike of sensitiewe inligting reageer nie. Die eeue oue beginsel geld steeds – as iets te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik.
  • Hou jou wagwoorde ten alle tye geheim, selfs al dink jy jy kan die bron wat jou wagwoorde vra, vertrou.

Ongelukkig is dit ’n kuberoerwoud daar buite. Wees ten alle tye waaksaam!

 

Catch them out with language

Hoe lyk veeltaligheid by die Universiteit Stellenbosch?

“Veeltaligheid kan jong kinders se denkvaardighede, probleem-oplossingsvermoë en begrip van kompleksiteit en stelsels bevorder en ontwikkel. By bejaardes kan veeltaligheid selfs die aftakeling van verstandelike vermoëns teëwerk.” Met hierdie inspirerende feite het prof Arnold Schoonwinkel, Viserektor (Leer & Onderrig), vanjaar se Taaldag by die Universiteit geopen.

Op 28 September het 75 studente en personeellede by STIAS byeengekom om te besin oor vanjaar se Taaldagtema, ‘Veeltaligheid @US: Die skep van ʼn bemagtigende omgewing’. Die doel van die dag was om ruimte te skep vir voortdurende nadenke oor die verskeidenheid geleenthede wat bestaan by ’n universiteit wat sensitief vir ’n veeltalige benadering is. Prof Schoonwinkel het daarop gewys dat veeltaligheid in die konteks van ’n tersiêre omgewing ’n rol daarin speel om insidente van rassisme, xenofobie en kulturele onverdraagsaamheid te bestry, en dat dit die moeite werd is om maniere te ondersoek waarop veeltaligheid in die leer- en sosiale omgewing op kampus ingespan kan word.

Deur middel van kleingroepbesprekings is ’n platform geskep waar die diverse groep deelnemers kon saamdink oor die waarde van veeltaligheid en hoe ’n bemagtigende omgewing geskep kan word. Die twee hoofonderwerpe, ‘Veeltaligheid in ruimtes vir onderrig en leer’ en ‘Veeltaligheid in sosiale ruimtes’, het rigting aan die gesprekke gegee. Moeilike vrae is gevra, byvoorbeeld: hoekom doen ons enigsins moeite om tale wat verminoritiseer is, in onderrig te koester, en hoe manifesteer dit in ons klaskamers? Uit die terugvoer van die gehoor was dit duidelik dat veeltaligheid ten diepste deel is van ons as Suid-Afrikaners, dat dit ons definieer en as ’n nasie onderskei. Ander opmerkings was die volgende: “Veeltaligheid wys ’n sensitiwiteit teenoor inklusiwiteit en benut die mag wat taal in ’n kulturele sowel as professionele samelewing het.” “Ons moet besig bly met veeltaligheid tot by die punt waar ons daaraan toegewyd is om bemagtigende omgewings te skep om verheldering en begrip te help bewerkstellig. ’n Tasbare manier om dit te doen kan wees om meer drietalige (of selfs veeltalige) terminologielyste te voorsien in die vorm van selfoontoepassings, soos dit in die Mobilex-projek gedoen word.” Die algemene konsensus was dat, hoe ons ook al die uitdagings van veeltaligheid benader, ons altyd in gedagte moet hou dat ons dit doen om inklusief te wees, om andere te akkommodeer en om sensitief vir individuele behoeftes te wees. Op hierdie manier skep veeltaligheid geleenthede vir persoonlike groei en uitreik, eerder as vir passiewe waarneming. Carli van Wyk, Voorsitter van die Verteenwoordigende Studenteraad van 2018/2019, het die gevoel in die vertrek soos volg opgesom: “Ons moet daarop fokus om ’n verwelkomende kultuur by die US te skep waar ons waardes die dryfveer is agter ons strategie om diversiteit te vier, en ons moet veeltalige ruimtes skep waarin ons van mekaar kan leer.”

Hoewel die Universiteit op Afrikaans, Engels en Xhosa fokus, word daar ook toenemend klem gelê op Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASLI). Afgesien van tolking in Afrikaans en Engels, was Gebaretaaltolking ook beskikbaar en kon dowe studente aan die Taaldaggesprek deelneem. As jy graag die gesprek wil volg, kyk gerus hier na ’n opname van die hele dag se gebeure of kyk na die uitnodiging aan studente om die gevoel van ’n veeltalige kampus te ervaar.

Taaldag-uitnodiging

Tweetaligheid se ekstra krag

ʼn Italiaanse Universiteit het tientalle pasiënte met Alzheimersiekte se breine geskandeer as deel van ʼn studie. Die helfte van die groep was minstens twee tale magtig, terwyl die ander helfte net een taal kon praat. Raai watter groep se resultate het die beste gelyk…

Vroeër vanjaar het die Vita-Salute San Raffaele Universiteit in Milan bevindings bekend gemaak oor ʼn studie aan dié universiteit wat die invloed van tweetaligheid op demensie, wat gewoonlik as Alzheimersiekte manifesteer, ondersoek. Een van die simptome van Alzheimersiekte is serebrale hipometabolisme, wat beteken dat die brein swaarkry om glukose vir eie gebruik in energie om te sit – die brein begin dus in wese verhonger. Dit lei daartoe dat take soos om te onthou moeiliker raak.

Navorsers het egter bevind dat die pasiënte wat meer as een taal praat – meestal Italiaans en Duits in hierdie geval – drie tot agt keer beter gevaar het met kort- en langtermyngeheuetake, vergeleke met hul eentalige eweknieë. Dit was die geval ten spyte daarvan dat die tweetalige pasiënte spesifiek gekies is omdat hul serebrale hipometabolisme al verder gevorderd was!

Dit is nie die eerste studie wat bewys dat aktiewe tweetaligheid demensie teëwerk nie: ʼn Kanadese studie wat in die vaktydskrif Cortex gepubliseer is, kon die eerste tasbare bewyse dat die praat van minstens twee tale die uitwerking van Alzheimersiekte beveg in 2012 voorlê. Hulle het CT-skandering hiervoor ingespan. Meertaligheid moedig die brein aan om neuronverbindings te versterk, wat die aanvang van demensie vertraag. Kenners verwys na hierdie proses as die opbou van kognitiewe reserwe.

So, trakteer jou brein met ʼn taalkursus of wat, en daag jou vriende en kollegas uit om ʼn meertalige gesprek te hê. Arthur Fletcher het nie verniet gesê dat die vermorsing van verstand ʼn verskriklike onding is nie.

Meer hieroor:
The impact of bilingualism on brain reserve and metabolic connectivity in Alzheimer’s dementia
Bilingualism as a contributor to cognitive reserve: Evidence from brain atrophy in Alzheimer’s disease