Deeltydse konsultantposte is by die US Taalsentrum se Skryflaboratorium beskikbaar vir geregistreerde nagraadse studente van die Universiteit van Stellenbosch. M- en D-studente kry voorkeur.
Studente uit die volgende studierigtings word aangemoedig om aansoek te doen:
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, Ingenieurswese, AgriWetenskappe, Natuurwetenskappe en Lettere en Sosiale Wetenskappe (Sielkunde).
Pligte van die konsultante sluit in:
- Konsulteer individueel met studente oor hul skryfwerk
- Skryf van kort verslae oor die skryfkonsultasies
- Deelname aan opleidingsprogramme
- Assistering met bemarking en profilering van Skryflaboratorium se konsultasiediens
- Bywoning van gereelde vergaderings/gesprekke met die hoofde van die Skryflaboratorium
Tweetaligheid is ‘n voordeel, maar nie ‘n vereiste nie.
Sluitingsdatum: 8 Oktober 2012
Navrae kan gerig word aan me Anne-Mari Lackay, +27 21 808 2989. CV’s moet so spoedig moontlik aan die Skryflaboratorium, Crozierstraat 22, Stellenbosch, 7600 gestuur word.