Sen Joostens het in 2020 die Afrikaanse taal– en kultuurkursus vir Nederlanssprekende studente as Belgiese uitruilstudent aan die US voltooi. Vandag fasiliteer hy die aanleer van Afrikaans aan studente en personeel aan KU Leuven. Hy is ook een van die samestellers van ’n handboek, Baie Afrikaans, wat onlangs in België verskyn het, en waarvoor hy die Afrikaanse Taalraad se Junior Koker vir Afrikaans gewen het.
Ons het met Sen gesels tydens sy onlangse besoek aan die US om hom te vra oor sy ervaring van ons Afrikaanse taal- en kultuurkursus vir Nederlandssprekende studente, wat vanjaar tien jaar se fasilitering van kulturele leer vier. “Afrikaans is ’n warm taal … ’n taal wat moontlikhede skep, wat ’n mens baie geleenthede kan gee”, vertel Sen. “Ja, daar is baie redes hoekom ’n mens Afrikaans wil leer.”
Kyk gerus die hele onderhoud op ons YouTube-kanaal.