Welkom by die Taalsentrum se Nuustak!
Hier kan jy alles lees oor wat ons doen – in Engels, Afrikaans en Xhosa. Snuffel gerus ook deur ons nuuskategorieë hier onder. Kom saam met ons op ʼn reis van konneksie.
Op 17 April 2026 het ons die geleentheid gehad om kragte saam te snoer met die superster-SASL-opleier, Jabaar Mohamed, vir die aanbied van ’n SASL-werkswinkel vir personeel van Huis Horison in Stellenbosch. Lees meer oor die sessie hier.
Hoe word ʼn woordeboek nou eintlik aanmekaargesit? Vir baie van ons is woordeboeke eenvoudig dáár wanneer ons hulle nodig het; stil-stil eenkant op ʼn rak, of binne ʼn oogwenk aanlyn beskikbaar.
Vanjaar sluit die US by die EUTOPIA-alliansie se Taleweek van 2 tot 5 Maart 2026 om tale, kutuur en diversiteit die wêreld oor te vier.
Sen Joostens het in 2020 die Afrikaanse taal- en kultuurkursus vir Nederlanssprekende studente as Belgiese uitruilstudent aan die US voltooi. Ons het met Sen gesels tydens sy onlangse besoek aan die US om hom te vra oor sy ervaring van hierdie kursus, wat vanjaar tien jaar se fasilitering van kulturele leer vier.
Tale is die draers van die tradisies, geskiedenis en identiteite van hul sprekers. Wanneer ʼn taal verdwyn, is ʼn unieke manier van dink, stories oordra en wêreldbeeld, vir altyd verlore. Op Vrydag 21 Februarie word Internasionale Moedertaaldag vir die 25ste keer wêreldwyd gevier om bewustheid van taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder en om meertaligheid aan te moedig. Weet jy wat op 21 Februarie 1952 gebeur het toe Bengaalse studente in die destydse Oos-Pakistan (nou Bangladesj) betoog het vir die erkenning van Bengaals as ʼn amptelike taal?
Dis weer tyd vir die EUTOPIA-US Taleweek vanaf 3 tot 7 Maart om taal, kultuur en diversiteit oor die wêreld heen te vier.
Dis weer die tyd van die jaar dat ons dagboeke propvol jaareindkuiers en-funksies is. As jy sommer by voorbaat ʼn aanval van sosialiseringsuitputting kry wanneer jy na jou kalender kyk, het ons goeie raad vir jou!
21 Februarie is Internasionale Moedertaaldag. Het jy geweet dat jy jou moedertaal as ʼn kenniswegspringplek kan inspan?