Dis weer tyd vir die EUTOPIA-US Taleweek – vanjaar vanaf 3 tot 7 Maart. Taleweek by Stellenbosch Universiteit (US) word georganiseer deur die US Taalsentrum, en beloof om ’n besondere week te wees. Kom vier taal, kultuur en diversiteit saam met ander mense wêreldwyd!
Taleweek by die US is gemik op studente en personeel, en bied drie geleenthede wat in lewende lywe bygewoon kan word en vier aanlyn geleenthede, alles gratis. Die van aangesig tot aangesig-geleenthede sluit in ’n interaktiewe Taalkafee-aand, ’n meertalige Karaoke-middagete-sessie en ’n Afrikaanse Poësie-aand aangebied deur die studentevereniging VER[r]AS. Die aanlyn geleenthede bied drie taalaanleer-ervarings gedurende etenstyd om jou ’n voorsmakie te gee van ’n taal wat jy dalk wil verken: ’n Xhosa-voorsmaakkursus, ’n Suid-Afrikaanse Gebaretaal-voorsmaakkursus en ’n Afrikaans-voorsmaakkursus. Daarbenewens is daar ’n interakiewe aanlyn sessie wat die onderlinge verband tussen die US se konsep van ’n meertalige ingesteldheid en interkulturele vaardighede ondersoek, getiteld Ondersoek en Ontwikkel ʼn Meertalige Ingesteldheid (Exploring and Developing a Multilingual Mindset). Besprekings vir US-geleenthede word deur Eventbrite hanteer – hier vind jy meer inligting oor al die geleenthede, asook skakels om te registreer.
Meer geleenthede is aanlyn beskikbaar deur die EUTOPIA-alliansie – kyk hier na wat aangebied word. Instellings regoor die wêreld neem deel aan EUTOPIA Taleweek, wat gedurende daardie week aan personeel en studente van alle EUTOPIA-vennote die geleentheid bied om aanlyn geleenthede regoor die wêreld by te woon en sodoende met mekaar wisselwerking te hê. Die US is een van ses globale vennootuniversiteite waarmee EUTOPIA buite sy kern-alliansie van tien Europese universiteite saamwerk om ’n internasionale toegangspunt vir die uitruil van kennis en kultuur te skep.
Registreer gou om jou plek te verseker. Inligting oor venues en skakels vir aanlyn deelname sal ná registrasie gestuur word. Laat asseblief die organiseerders weet indien jy van plan verander nadat jy geregistreer het, sodat hulle jou plek vir iemand anders kan beskikbaar kan maak en nie onnodig vir jou voorberei nie.
Stuur ’n e-pos aan languagesweek@sun.ac.za vir navrae of kansellasies.