Slide Slide Slide

LEWE IS TAAL

Bereik die wêreld en die mense daarin deur middel van beter kommunikasie en begrip.

Ons is ingewikkelde wesens, besig om ingewikkelde lewens te lei, en taal is wat ons byeenbring. Vir ons skep taal ʼn transformasionele ruimte wat die krag het om lewens te verander, beleid te omvorm en mense te verenig. Om kommunikasie te verbeter, verg meer as bloot die uitbrei van woordeskat of volmaakte leestekengebruik. Dit gaan om sóveel meer.

Ons is nie net ʼn taalskool nie – ons is ʼn taalsentrum: ʼn lewendige bymekaarkomplek vir studente, personeel en kliënte wat taal- of kommunikasie-ondersteuning verlang. Ons werk sáám met jou en vergesel jou op jou reis met taal.

Die Taalsentrum huisves kundiges oor die aanleer van taal en taalonderrig, akademiese geletterdhede en professionele kommunikasie, vertaling, redigering en tolking, en korporatiewe kommunikasie. Verder doen ons taalverwante navorsing en ons het selfs ’n span wat hulle op verstaanbare taal toespits. En dit alles net 30 minute buite Kaapstad!

Kom ons maak kontak en gesels.

Dis wat mense wat saam met ons werk, sê

Blog

Teken in op ons kwartaalikse nuusbrief, Dialogos

This post is also available in: English Afrikaans isiXhosa

Menu