Vroeg in November het lede van die Universiteit se persoonlike assistente-netwerk (SUPAN) die Uitnemende kommunikasie-kortkursus van die Kommunikasielab bygewoon. Die Kommunikasielab het die kursus spesiaal vir SUPAN aangepas. Hierdie is net die eerste van ‘n reeks Kommunikasielab-kursusse vir SUPAN – moenie die res misloop as jy deel is van die netwerk nie! Gesels met Tania Arrison (SUPAN-spanleier) of Michelle Pieters van die Kommunikasielab as jy wil inskakel. Daar is ook samewerkingsmoontlikhede met ander partye!
