Deprecated: Return type of WP_Hook::current() should either be compatible with Iterator::current(): mixed, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 482

Deprecated: Return type of WP_Hook::next() should either be compatible with Iterator::next(): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 495

Deprecated: Return type of WP_Hook::key() should either be compatible with Iterator::key(): mixed, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 508

Deprecated: Return type of WP_Hook::valid() should either be compatible with Iterator::valid(): bool, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 521

Deprecated: Return type of WP_Hook::rewind() should either be compatible with Iterator::rewind(): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 532

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetExists($offset) should either be compatible with ArrayAccess::offsetExists(mixed $offset): bool, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 424

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetGet($offset) should either be compatible with ArrayAccess::offsetGet(mixed $offset): mixed, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 438

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetSet($offset, $value) should either be compatible with ArrayAccess::offsetSet(mixed $offset, mixed $value): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 452

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetUnset($offset) should either be compatible with ArrayAccess::offsetUnset(mixed $offset): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 469
Nuutste nuus – Page 2 – Stellenbosch University Language Centre

Category: Nuutste nuus

Dae van die week in Xhosa

Waarom sê ons ‘Maandag’ vir Maandag? Waar kom die name van die dae van die week in Xhosa, Engels en Afrikaans vandaan?

uMvulo (Die dag wat die week open)

In Afrikaans en Engels is die benamings van die dae van die week afkomstig van die Romeinse mitologie. So, Maandag is ’n leenvertaling van die Latynse ‘dies lunae’ wat ‘dag van Luna’ beteken, omdat hierdie dag aan die Romeinse godin van die maan, Luna, gewy is.

In Xhosa skakel die dae van die week met ʼn spesifieke betekenis. Die eerste dag van die week in Xhosa, ‘uMvulo’, is afgelei van die werkwoord ‘-vula’ wat ‘oopmaak’ beteken. Maandag is dus die dag wat die week open.

uLwesibini (Die tweede dag)

Xhosa-mense maak ook gebruik van die sewedagweek-siklus, en Dinsdag tot Vrydag lei hulle van telwoorde af. Die Xhosa-woord vir ‘twee’ is ‘-bini’ en dis hoekom ons in Xhosa ‘uLwesibini’ vir Dinsdag sê.

uLwesithathu (Die derde dag)

Vir die res van die dae voor die naweek kan ons eenvoudig die telwoordgedeelte van die woord verander om aan te dui watter dag dit is. Om die Xhosa-woord vir Woensdag te kry, neem ons die telwoord ‘-thathu’ wat ‘drie’ beteken, om ‘uLwesithathu’ te vorm.

uLwesine (Die vierde dag)

Donderdag is die vierde dag van die week. Vir hierdie dag gebruik ons in Xhosa die telwoord ‘-ne’ wat ‘vier’ beteken om ‘uLwesine’ – die Xhosa-woord vir Donderdag – te vorm.

uLwesihlanu (Die vyfde dag)

Vrydag is die laaste dag van die week wat in Xhosa van telwoorde afgelei is. Ons gebruik die telwoord ‘-hlanu’ wat in Xhosa ‘vyf’ beteken om uit te kom by ‘uLwesihlanu’ – die Xhosa-woord vir Vrydag.

uMgqibelo (Die dag wat die week klaarmaak)

Volgens die sewe-dag kalender is Sondag die einde van die week. Maar in Xhosa praat ons van Saterdag as die laaste dag van die week, of die dag wat die week klaarmaak of afsluit. In Xhosa gebruik ons dus die woord ‘uMgqibelo’ vir Saterdag, afkomstig van die werkwoord ‘-gqibela’ wat ‘klaarmaak’ of ‘afsluit’ beteken.

iCawa (Kerkdag)

Sondag is die dag waarop mense tradisioneel kerk toe gaan. Die Europese sendelinge wat hulself in die 1820’s tussen die Xhosa-mense gevestig het, het Christentradisies met hulle saamgebring, wat ook in die gemeenskappe opgeneem is. Daarom gebruik ons die Xhosa-woord vir kerk, ‘iCawa’, om in Xhosa na Sondag te verwys.

Veels geluk as jy tot op die punt gelees het – jou Xhosa-woordeskat is nou sewe woorde ryker!

Tags: ,

Meryl se TEFL-avontuur

Meryl Davidson het haar TEFL-kursus by die Engels-portefeulje aan die US se Taalsentrum voltooi en toe vir twee jaar in Suid-Korea gaan Engels gee. Haar TEFL-kwalifikasie stel haar in staat om Engels plaaslik sowel as internasionaal as ʼn vreemde taal te onderrig. Ons het aan Meryl ʼn paar vrae gevra oor die verrykende ervaring om oorsee te reis en te werk.

Wat het jou laat besluit om TEFL te kies?
Ek het dit besluit toe ek op ʼn plek in my lewe was waar ek nie ʼn permanente werk in Suid-Afrika kon kry nie, besig was om ouer te word, en vir myself moes kon sorg. Omdat ek boonop bitter graag wou reis, het ek sommer geweet dis die perfekte opsie vir my.

Watter deure het jou TEFL-kwalifikasie vir jou geopen?
Ek het twee jaar lank in Suid-Korea Engels gegee, en in daardie tydperk het ek kruis en dwars deur Suidoos-Asië gereis – iets waarop min mense hulle kan roem.

Ek het ʼn nuwe perspektief op die wêreld gekry en dit was inderdaad ʼn lewensveranderende ervaring. Sonder my TEFL-kwalifikasie sou ek dit beslis nie kon doen nie.”

Reis lê my baie na aan die hart en ek omring myself graag met verskillende kulture en tradisies. Ek het standhoudende vriendskappe gesluit en bande gesmee, en ek is steeds in aanraking met die meeste mense wat ek gedurende my tyd oorsee ontmoet het. Ek het dit ook geweldig geniet om my in die Asiese kultuur te verdiep en om dinge op dieselfde manier as die Asiërs te doen. Toe ek eers terug was in Suid-Afrika, was dit byvoorbeeld vir my baie moeilik om nié my skoene uit te trek voordat ek in my eie huis of ander mense se huise ingaan nie!

Op watter maniere het die TEFL-kursus jou vir die werk self voorberei?
Die TEFL-kursus wat ek by die US se Taalsentrum bygewoon het, was ʼn baie intensiewe program wat vier weke geduur het. In die loop van daardie vier weke is ons voorberei op elke enkele scenario wat moontlik kan afspeel in ʼn klaskamer waar Engels as ʼn vreemde taal onderrig word. Ofskoon niks ʼn mens werklik op die lewe in ʼn ander land kan voorberei totdat jy dit self ervaar nie, het die TEFL-kursus my beslis op baie maniere voorberei op wat my in die klaskamer te wagte kon wees.

Kan jy drie redes met ons deel waarom jy dink iemand dit gerus kan oorweeg om die TEFL-kursus by te woon en in die buiteland te gaan werk?

  1. Daar is nie nog so ʼn bevrydende gevoel as die gevoel wat ʼn mens ervaar wanneer jy op iets méér of iets anders besluit nie, as dit is wat jy werklik wil doen.
  2. Dit verander jou op ʼn manier wat jy jou glad nie sou kon indink nie. Jou manier van dink, jou perspektief en jou wêreldbeskouing verander. Alles wat jy gedink het jy weet, verdwyn.
  3. Jou onafhanklikheid is jou grootste bate. Daar is geen beter manier om onafhanklik te word as om die onbekende op jou eie aan te durf nie. Hou op om iemand te wees wat altyd net hoor van die wye wêreld daarbuite. Gaan kyk self!

Wil jy dalk ʼn TEFL-kursus bywoon?

Ons volgende voltydse kursus begin op 26 Junie en ons volgende deeltydse TEFL-kursus begin op 24 Julie, en daar is nog plek vir jou! Jy sal egter teen 16 Junie moet aansoek doen vir die voltydse kursus, en teen 14 Julie vir die deeltydse kursus.

 

[us_cta title=”” btn_label=”Klik hier vir meer inligting en om aansoek te doen” btn_link=”url:https%3A%2F%2Flanguagecentre.sun.ac.za%2Fproduct%2Fteaching-english-as-a-foreign-language-tefl%2F|target:_blank|” btn_style=”2″]Ons gaan later vanjaar ook weer kursusse aanbied. [/us_cta]
Tags: , , ,

Soveel vorme van vryheid

“Ek was nie bewus daarvan dat hierdie vorm van persoonlike vryheid bestaan ​​nie, want ek het dit nog nie voorheen ervaar nie …”

Liselotte Voets, ’n Belgiese uitruilstudent van die Katolieke Universiteit Leuven (KU Leuven) wat die US verlede jaar besoek het as deel van haar meestersgraad in filosofie, het die Taalsentrum se Afrikaanskursus vir Nederlandssprekende studente gevolg terwyl sy in Suid-Afrika was.

Sy deel haar gedagtes hier in Afrikaans oor vryheid, ter viering van Vryheidsdag op 27 April.

In Februarie 2022 het my vyf en ’n halve maande uitruil in Stellenbosch begin. Die keuse vir Suid-Afrika was vir my baie voor die hand liggend: die kulture, die mense, die natuur, die geskiedenis, die berge en die klimaat het my baie aangetrek. Al hierdie dinge het natuurlik ’n baie groot en goeie indruk op my gelaat. Een van die indrukke wat ek egter self baie onderskat het, is die manier waarop ek nou na vryheid kyk. As ek op ’n intuïtiewe manier moet verduidelik hoe ek vryheid in Suid-Afrika ervaar het, moet ek in die eerste plek aan die landskap dink. Vir my verteenwoordig die uitgestrektheid van die land op ’n baie simboliese manier wat dit beteken om vry te wees in Suid-Afrika. Daar is nog soveel spasie om te vul. Die moontlikhede bly en lyk eindeloos. As jy dit met België vergelyk – waar ek van kom –, moet jy tot die gevolgtrekking kom dat byna alles daar bebou is. Dit is regtig uitdagend om ’n stuk grond te vind wat nog ’n oop vlakte na die horison is; nie bedek met mure, huise, strate, dorpe en stede nie.

[us_hwrapper]

Dit voel of jy oral en heeltyd dopgehou word en jy kan nie regtig ontsnap of by die landskap inskakel nie.”

[/us_hwrapper]

Nou dat ek terug is in België, vind ek dit nog moeiliker om te verduur en mis ek Suid-Afrika des te meer. In België het ons natuurlik meer (’n gevoel van) sekuriteit. Die prys wat ons hiervoor moet betaal, is ons persoonlike vryheid. Ek was egter nie bewus daarvan dat hierdie vorm van persoonlike vryheid bestaan ​​nie, want ek het dit nog nie voorheen ervaar nie. Miskien is dit ook iets tipies Europees om vryheid soos ons dit ken as die enigste vorm van vryheid te beskou en geen ruimte vir ander interpretasies te laat nie. Maar dit is natuurlik ’n teenstrydigheid in terme. Ek moes geweet het dat ‘vryheid’ nie in één siening vasgevang kan word nie. Hierdie vorm van persoonlike vryheid het ek ook opgemerk by die Suid-Afrikaners self wat ek ontmoet het: hulle word nie geleef nie (hulle lewens word nie bereël en gereguleer nie), maar lééf self, verwelkom ander mense met ope arms en begin die dag met goeie moed. Die – absoluut nie te onderskat nie – prys van Suid-Afrika se enorme persoonlike vryheid is natuurlik dat baie aan hulleself oorgelaat word. Hulle moet self oorleef. Vanuit daardie perspektief het ek die indruk gekry dat sommige die Suid-Afrikaanse landskap meer as ’n soort leegheid beskou as ’n oop toekoms. Ek dink én hoop van harte dat dit nog kan verander.

Blog deur Liselotte Voets

Tags: , , , , , , ,

Gids vir dosente: Bekendstelling van intydse aanlyn tolking

’n Oproep aan alle dosente!

Maak jou fakulteit se taalimplementeringsplan tolking in jou module nodig? Sou jy graag tolking wou gebruik om aan ʼn pedagogiese behoefte te voldoen, of om ruimte vir meertalige onderrig en leer te skep?

Die kort video hier onder verduidelik hoe jy maklik van intydse aanlyn tolking gebruik kan maak. Volg hierdie stap-vir-stap-gids met skermgrepe wat wys hoe die MS Teams opgestel word en hoe die uitgebreide leerruimte-stelsel (ULR-) in die klaskamer lyk, om dit in minder as sewe minute op te stel.

Waarom is meertaligheid belangrik vir onderrig, leer en assessering?

 Onderrig en leer in verskillende tale, byvoorbeeld Engels, Afrikaans en isiXhosa, in teenstelling met die keuse van slegs een onderrig- en leertaal, bied aan studente die geleentheid om leermateriaal uit verskillende perspektiewe te benader en om die manier te vind wat die beste by hulle leerstyl pas. Dit maak dit ook moontlik vir meer stemme om outentiek gehoor te word en is ʼn noodsaaklike bemagtiger vir studente om medeskeppers van kennis in die onderrig- en leerruimte te wees.

Vir meer inligting of om uit te vind of jou module vir tolking kwalifiseer, kontak gerus vir Juanli Theron (juanli@sun.ac.za) of Christine Joubert (christinejoubert@sun.ac.za).

Tags: , , , , , , , , ,

Boekgeselsie met Vicki F

Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Vicki Fourie. Vicki is ʼn tolk en koördineer die Taalsentrum se portefeulje vir Suid-Afrikaanse gebaretaaltolking. Sy is ook ʼn fasiliteerder vir akademiesegeletterhede-modules. Sy is ʼn boorling van die Oos-Kaap, en sê: “My hart hunker altyd na natuurskoon, sonsopkomste en sonsondergange, berge en vryheid.”

Wat is die titel van jou gunstelingboek, of ʼn boek wees wat ʼn diep indruk op jou gemaak het, of ʼn boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?
Dis ʼn onmoontlike vraag om te beantwoord, maar ek gaan volstaan met Gone with the Wind deur Margaret Mitchell.

Hoekom het hierdie boek jou só beïndruk?
Ek is gek oor Amerikaanse literatuur: Mark Twain, Harper Lee, Louisa May Alcott en selfs Louis L’Amour (nou weet julle régtig alles van my), maar Margaret Mitchell se epiese verhaal was vir my onvergeetlik. Die kombinasie van romanse, geskiedenis en avontuur is alles wat ʼn goeie storie vereis, en dis allereers die rede waarom ek lees – vir goeie stories!

Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe só?
Op die oomblik is dit Chimamda Ngozi Adichie. Haar feminisme en eerlike stories oor gemarginaliseerdes in die samelewing is so eg dat hulle nie anders kan as om ʼn mens aan te gryp en tot jou te spreek nie.

Wat lees jy op die oomblik?
David Copperfield deur Charles Dickens (weer), en When helpling hurts deur Steve Corbertt en Brian Fickert (vir die eerste keer). Ek luister ook tans na John Bunyan se Pilgrim’s Progress as ʼn oudioboek. Ek hoop dit tel!

Verkies jy dit om ‘regte’ gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op ʼn Kindle of ʼn ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?
Ek het onlangs eers die wonder van ʼn Kindle ontdek! Hoe heerlik om op jou rug te kan lê en lees sonder om ʼn lomp boek vas te hou, en om onbeperkte hoeveelhede boeke tot jou beskikking te hê (ek lees selde net een boek op ʼn slag). Nietemin bly my boekrak met sy boeke waarskynlik my kosbaarste besitting.

Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?
Die meeste boeke moet meer as een keer gelees word, maar die boeke wat ek seker al die meeste gelees het, is die hele Asterix-reeks – ek dink ek ken hulle waarskynlik almal uit my kop! Ons het die reeks in my ouerhuis gehad en dis waar ek my liefde vir lees ontdek het.

Wie is jou gunsteling- literêre karakter?
Asterix! Nee, darem nie. Dit sal Scout Finch uit To kill a Mockingbird deur Harper Lee moet wees:

[us_hwrapper]

“Atticus told me to delete the adjectives and I’d have the facts.”  

[/us_hwrapper]

Maar nou dat ek weer daaroor dink: Dalk moet dit Atticus Finch wees …

Het jy dalk ʼn lewensles by ʼn boek of ʼn karakter uit ʼn boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?

Die boek A Thousand Gifts deur Ann Voskamp is nie die eerste boek wat my lewensfilosofie verander het nie, maar wel die mees onlangse. By Ann Voskamp het ek geleer dat danksegging wonderwerke voorafgaan. Om die lewe deur ʼn bril van dankbaarheid te aanskou, stel jou in staat om die wonder daarvan in al sy volheid te ervaar.

[us_hwrapper]

Thanksgiving precedes the miracle.” – Ann Voskamp

[/us_hwrapper]

Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?
Baie! Elke boek pas op ʼn spesifieke tyd by ʼn spesifieke mens. Die boek Little Paris Bookshop deur Nina George handel juis oor die eienaar van ʼn ‘boeke-apteek’ wat boeke voorskryf vir geestelike, emosionele en fisieke kwale. Ek dink dis ʼn briljante idee om boeke as medisyne te gebruik.

Hier is my voorskrif (gebruik soos benodig):

  • A Thousand Gifts deur Ann Voskamp – as dit voel of swaarkry jou onderkry.
  • When helping hurts deur Steve Corbett en Brian Fikkert – wanneer ander se swaarkry jou onderkry.
  • Come and eat deur Bri McKoy – hoe om ten spyte van swaarkry te kan feesvier.
Tags: , , , , , , , , ,

Boekgeselsie met Ammie H

Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Ammie Henson, een van die koördineerders vir die Intensiewe Engels-portefeulje en ʼn Engels-tweedetaal- (ESL-)instrukteur.

“Die pad wat ek geloop het om ʼn onderwyser te word, was baie interessant en soms moeilik, maar ek glo dat dit bygedra het daartoe om van my die onderwyser te maak wat ek vandag is. Ek het eers sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) geloop en toe as ʼn nagraadse joernalistiekstudent by Rhodes beland nadat ek ʼn jaar in die VSA deurgebring het. Ek was ook ʼn uitruilstudent in Finland toe ek met my meestersgraad in mediastudies besig was. Dit was die waardevolste ervaring van my lewe.”

“Ek was nog altyd lief vir kinders, en diep in my hart het ek geweet dat ek bestem is om ʼn onderwyser te word, maar destyds wou slim Sannie mos nie luister nie! Op die een of ander manier was ek nog altyd by kinders betrokke, of dit nou as au pair of as ʼn klaskamerassistent in ʼn laerskool was. Ek het op die ou einde besluit om by die US se Taalsentrum vir die TEFL-sertifikaat in te skryf, en aansoek gedoen om by die Taalsentrum te werk terwyl ek (uiteindelik!) besig is met my BEd (Grondslagfase) by Noordwes-Universiteit. Onderwys is my passie. ​

Ek is lief vir onderwys omdat ek ʼn gevoel van eiewaarde by my studente wil laat posvat – ek wil hê hulle moet trots wees op wie hulle is en op hulle prestasies. Min dinge is so bevredigend as wanneer studente besef wat hulle potensiaal is en dit verwesenlik. Ook hou ek baie daarvan om my studente te inspireer – en om dan weer deur hulle geïnspireer te word!

Afgesien daarvan dat ek ʼn onderwyser is, is ek ook ʼn Weegskaal wat hou van mooi dinge om my en wat graag partytjies en ander geleenthede reël. Ek is die ma van twee hondekinders wat ek gered het (een van hulle kom selfs van so ver as Grahamstad af). Ek bring graag tyd in die buitelug deur en oefen graag buite – ek is dol oor stap en swem. In my vrye tyd speel ek Dungeons & Dragons en kuier saam met my familie en vriende. Ek is nie juis ʼn boekwurm nie, maar ek hou van ʼn goeie storie.”

Wat is die titel van jou gunstelingboek, of ʼn boek wat ʼn diep indruk op jou gemaak het, of ʼn boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?
Die Klein Prinsie deur Antoine de Saint-Exupéry

Hoekom het hierdie boek jou so beïndruk?
Ek en hierdie boek het ’n lang geskiedenis, en dit herinner my aan iemand vir wie ek baie lief was. Ek onthou dat ek dit vir die eerste keer in Afrikaans gelees het toe ek nog baie jonk was – waarskynlik in een van my eerste jare op laerskool. Ek dink nie ek was op daardie jeugdige ouderdom al emosioneel en kognitief gereed om die dieper betekenis daarvan te begryp nie. Ek het nie van die boek gehou nie en dit het my bang gemaak. Ek het dit nie eers klaar gelees nie. Toe ek ouer geword het, het ek bewus geword van die ophef oor die boek en die gewildheid daarvan. Die lokprent vir die fliek is in 2015 vrygestel. Ek het groot waardering vir uitstekende animasie, en ek was onmiddellik verlief. Ek het die fliek in Desember daardie jaar saam met my beste maat gaan sien, ʼn paar weke voor my vertrek na Finland, en ek het geweet ek móét die boek lees. Ek was oorstelp deur die storie, die karakters en die lewenslesse, en die animasie was boonop manjifiek. Ná die fliek het ek by die huis gekom en my stiefpa, Nic, alles daarvan vertel. Die volgende dag het ek gesit en inkleur toe hy die boek langs my op my lessenaar neersit. Binne in het hy geskryf: “As die son daar anderkant nie genoeg skyn nie, weet dat ons trots is op jou.” Hy het dit onderteken met die letters KTLO, wat staan vir “Kick the lights out!”, die woorde waarmee hy my en my suster altyd aangemoedig het. Hy was ons grootste ondersteuner.

Ek het die boek tydens my vlug na Helsinki begin lees en die laaste stukkie gelees terwyl ek tougestaan het vir die klanktoets van die 5 Seconds of Summer Sounds Live Feels Live-konsert. Verlede jaar het ek my gunsteling-gedeelte by sy begrafnis gelees.

[us_hwrapper]

So het die klein prinsie die jakkals mak gemaak. Maar toe kom die uur van afskeid.

“Ag!” sê die jakkals. “Ek gaan huil.”

“Dis jou eie skuld,” sê die klein prinsie. “Ek wou jou nie seermaak nie, maar dis jy wat wou hê ek moet jou mak maak …”

“Natuurlik,” sê die jakkals.

“Maar nou gaan jy huil!” sê die klein prinsie.

“Natuurlik,” sê die jakkals.

“Maar dan het jy niks daardeur gewen nie!”

“Wat ek daardeur gewen het,” sê die jakkals, “is die kleur van die koring.

[/us_hwrapper]

Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe só?
Ek het nie regtig ʼn gunstelingouteur nie. Ek verkies wel sekere genres: fantasie, avontuur, raaisel- en liefdesverhale, drama, historiese fiksie en strokiesprente. Ook verkies ek sekere karakters: sterk, driedimensionele vrouekarakters met ʼn stem!

Boeke vind my gewoonlik, eerder as dat ek hulle vind, dus maak dit nie saak wie die outeur is nie, solank die verhaal wat vertel word, boeiend is.

Wat lees jy op die oomblik?
Die Practical Magic-reeks deur Alice Hoffman.

Verkies jy dit om ‘regte’ gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op ʼn Kindle of ʼn ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?
Ongetwyfeld werklike boeke met papierbladsye. Dit, op sigself, is ʼn liefdesverhaal.

Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?
Ek het party van die Harry Potter-boeke weer gelees omdat ek nog baie jonk was toe ek hulle die eerste keer gelees het. Maar daar is niks soos om ʼn boek vir die heel eerste keer te lees nie. Dis nooit weer dieselfde nadat daardie eerste betowering verby is nie.

Wie is jou gunsteling- literêre karakter?
Die jakkals in Die Klein Prinsie (veral wanneer hy met James Franco se stem praat).

Het jy miskien ʼn lewensles uit ʼn boek of by ʼn karakter uit ʼn boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?
Om eerlik te wees, is die hele Die Klein Prinsie ʼn belangrike lewensles, maar hierdie woorde van die jakkals het die grootste indruk op my gemaak:

[us_hwrapper]

“My geheim is baie eenvoudig. Hier is dit: Dis net met die hart dat jy werklik kan sien. Wat regtig belangrik is, is onsigbaar vir die oog.”

[/us_hwrapper]

Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?
Almal, van jonk tot oud, behoort Die Klein Prinsie te lees.

 

Tags: , , , , , ,

Boekgeselsie met Sabrina T

Leer ken ons deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Sabrina Thompson, ’n skryfvaardighedewerksessie-aanbieder by die Skryflab en junior lektor in Gevorderde Familiereg in die Departement Privaatreg aan die Fakulteit Regsgeleerdheid. Haar studievelde en haar passies is die reg rakende gender- en kinderregte. Sy het verlede jaar haar LLM cum laude behaal en hoop om ’n PhD oor kinderregte te doen.

My eerste liefde en vertrekpunt moet die Harry Potter-boeke deur JK Rowling wees. My ma het hulle vir my begin voorlees toe ek omtrent ses was. Daar is so baie ander boeke waarvoor ek lief is: To Kill a Mockingbird deur Harper Lee, The Great Gatsby deur F Scott Fitzgerald, Humble Pie deur Gordon Ramsay, Sorted deur Jackson Bird, The Librarian of Auschwitz deur Antionio Iturbe … die lys kom net nie klaar nie.

Hoekom het hierdie boek jou só beïndruk?
Daar is baie lesse uit die Harry Potter-reeks te leer. Die grootste een wat ek in my hart saamdra, is dat ’n mens nooit iets moet laat vaar waarin jy glo en waarvoor jy wil veg nie. Harry Potter hanteer volkome volwasse temas wat op ’n pakkende en slim manier aan kinders oorgedra word. Ek dink byvoorbeeld aan Domperdorius se woorde in Harry Potter en die Gevangene van Azkaban: ’n Mens kan selfs in die donkerste tye geluk vind; jy moet net onthou om die lig aan te skakel. Wanneer tye kom waarin ek aan myself twyfel, slaan ek altyd weer my Harry Potters oop.

Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe só?
Ek het te veel geliefde skrywers dat ek almal kan opnoem! Ek is gek na Lucinda Riley, Kirsten Hannah en Jojo Moyes vir ligte leesgoed. Hulle al drie voer ’n mens weg en verskaf gewoonlik ’n leeservaring wat jy kan geniet sonder om jou brein te veel in te span. Ek is ook baie lief vir Jackson Bird, William Shakespeare, Jane Austin, Anastasia Thomson en soveel ander, onder meer die klassieke werke asook biografieë … en ons kan nooit die romanse agterweë laat nie!

Verkies jy dit om ‘regte’ gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op ʼn Kindle of ʼn ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?
Ongetwyfeld fisieke boeke. Daar is net iets daaraan as ’n mens die bladsye van ’n boek hanteer wat dit ’n besondere ervaring maak. Ek dink ook dat die fisieke gewig wat jy in jou hand voel, soos ’n anker werk – ’n vaste punt tussen die verbeeldingswêreld wat jy betree het en die werklikheid. Die fisieke voorwerp vorm ’n blywende aanknopingspunt.

Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?
Eerlikwaar … hulle almal. Dit gebeur selde dat ek ’n boek net een keer lees. My boekrak is vir my ’n bron van trots, en ek herrangskik dit elke af en toe. Ek dink graag daaraan as my eie minibiblioteek.

Wie is jou gunsteling- literêre karakter?
Harry Potter, sonder twyfel.

Het jy dalk ʼn lewensles uit ʼn boek of by ʼn karakter uit ʼn boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?
Weer eens, die Harry Potter-boeke het my geleer dat ’n mens jouself moet wees en nie moet tou opgooi wanneer jy die opdraandes tref nie.

[us_hwrapper]

Iets anders wat die reeks my laat besef het, is dat dit in die haak is om foute te hê en foute te maak, solank jy daaruit leer.”

[/us_hwrapper]

Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?
Wel, buiten die Harry Potter-reeks, enigiets deur Lucinda Riley en Jojo Moyes, en die moderne klassieke werke soos To Kill a Mocking Bird deur Harper Lee en The Beautiful and the Damned deur F Scott Fitzgerald. My raad sou wees dat ’n mens moet oplet wanneer enige boek jou belangstelling boei – daar is waarskynlik iets wat jy moet hoor tussen die bladsye vasgevang.

Tags: , , , , ,

Waarom vertaal vertalers?

Ter viering van Internasionale Vertaaldag op 30 September het ons ʼn paar vertalers saam met wie die Taalsentrum werk, gevra hoekom hulle hierdie werk doen – hoekom vertaal hulle?

Lees gerus wat sê hulle – ons dink hulle is absolute superhelde!

[us_cta title=”Zama Bekweni sê:” color=”light” btn_label=””](Xhosa/Engels-vertaler)[/us_cta]

Most useful information, perhaps worldwide, is made available in the English language. The rest of the people who do not understand that language are, in a sense, a forgotten people. Translators, therefore, translate to make information available to such forgotten people.  Every translated text moves the reader from a world of darkness to a world of light. How fulfilling! 

Olona lwazi lubaluleke kakhulu, phantse kulo lonke ihlabathi, lufumaneka ngolwimi lwesiNgesi. Bona bantu abangalaziyo olo lwimi phantse bafana nabaphoswe kwelokulibala. Abaguquli-lwimi ke ngoko baguqula ulwimi ngenjongo yokuba ulwazi lufunyanwe nangabo baphoswe kwelokulibala. Oko kubhaliweyo kwaza kwaguqulelwa kolunye ulwimi kususa lowo ukufundayo ebumnyameni kumse ekukhanyeni. Ayindonwabisi ngako loo nto!  

[us_cta title=”Hendrien Swanepoel sê:” color=”light” btn_label=””](Afrikaans/Engels-vertaler)[/us_cta]

“George Bernard Shaw het eenmaal gesê: ‘Die heel grootste probleem in kommunikasie is die illusie dat dit plaasgevind het.’ Daardie ‘illusie’ – die blote aanname dat ’n boodskap akkuraat oorgedra en reg verstaan is – was al die oorsaak van soveel onenigheid wêreldwyd. Ek vertaal dus om kommunikasie vir soveel moontlik mense werklik en konkreet te maak, veral teen die agtergrond van ons meertalige land waar misverstande bitter maklik ontstaan.”  

“George Bernard Shaw once said: ‘The single biggest problem in communication is the illusion that it has taken place.’ This ‘illusion’ – merely assuming that a message has been accurately conveyed and correctly understood – has been the cause of many a conflict. Therefore, I translate to make communication real and concrete for as many people as possible, particularly against the backdrop of our multilingual country where misunderstandings easily creep in.”

[us_cta title=”Laetitia Bedeker sê:” color=”light” btn_label=””](Afrikaans/Engels-vertaler)[/us_cta]

Mense vra dikwels, Raak jy nie verveeld om heeldag voor ʼn rekenaar te sit en vertaal nie? Dis belaglik. Die afgelope week het ek wiskunde, QR-kodes, ʼn bedryfsopsommingvliegtuiginstrumentasieteorie, mediese praktyk en kunsgeskiedenis vertaal. Hoe kan dit vervelig wees? Dit is my passie en ek geniet elke sekonde daarvan. Al waaroor ek spyt is, is dat ek nie elke liewe feit kan onthou nie – ek sou die intelligentste mens op aarde gewees het!  

People often ask me, Don’t you get bored sitting in front of a computer all day translating? That’s laughable. Only this week, I translated mathematics, QR codes, an executive summary, aircraft instrumentation theory, medical practice and art history. How can that possibly be boring? It is my passion and I love every second of it. My only regret is that I cannot remember every single fact – I would have been the most intelligent person on earth! 

[us_cta title=”Ingrid Swanepoel sê:” color=”light” btn_label=””](Afrikaans/Engels-vertaler)[/us_cta]

“Ek dink ek vertaal omdat ek oortuig is dat die wêreld heeltemal ʼn ander soort plek sou gewees het as daar nooit wankommunikasie tussen mense was nie, en taal is mense se primêre kommunikasiemiddel. Ek hou van goeie, duidelike kommunikasie wat by punt A begin en in logiese stappe by die einde kom, of die einde nou by punt B of punt Z is. Dit gee my ʼn besondere gevoel van genoegdoening om die boodskap in ‘n goeie teks in een taal klinkklaar, ondubbelsinnig en sonder frilletjies en valletjies oor te dra in ʼn ander taal. Ek hou daarvan om ʼn teks só te vertaal dat die teikenlesers dit geniet om dit te lees of aan te hoor. Dis sommer net vir my vreeslik lekker om te weet ek stuur ʼn goeie vertaling die wêreld in. “

I think I translate because I am convinced that the world would have been a very different place if there had never been communication problems between people – and language is human beings’ primary means of communication. I like good, clear communication that starts at Point A and progresses logically to the end, regardless of whether the end is at Point B or Point Z. It gives me great satisfaction to translate a well-written message from one language to another and to do so clearly and economically, avoiding wordiness and high-faluting, ambiguous terminology. I like translating a text in such a way that the target readers enjoy reading or hearing it. It’s an amazing feeling to know that I got a translation just right. 

[us_cta title=”Lee Beeslaar sê:” color=”light” btn_label=””](Afrikaans/Engels-vertaler)[/us_cta]

Ek hou van woorde. Woorde rig ons menswees. Hulle beskik oor soveel mag – iets waarvan ons nie altyd bewustelik kennis neem nie. 

 

“I love words. Words direct our humanity. They have so much power – something that we are not always consciously aware of.” 

 

Tags: , ,

Boekgeselsie met Vernita B

Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Vernita Beukes, ʼn dosent en koördineerder van taalverwerwingskursusse by die Taalsentrum. Sy sê: “Ek het regtig die beste werk in die wêreld! Ek kry as deel van my werk die geleentheid om vir internasionale studente van regoor die wêreld Afrikaans te leer. Hulle sê mos nie verniet dat as jy doen wat jou passie is, jy nooit ʼn dag in jou lewe sal hoef te werk nie! Ek is ook betrokke by die voorleesprojek van die Vriende van Afrikaans. Hier kry ek die geleentheid om vir kinders in kleuterskole voor te lees! Hoe gelukkig is ek?”

Ek is mal oor my man, hond en familie en vriende, en lees en reis is bo-aan my lysie van dinge wat ek graag doen. “Daar is net een ding wat ek haat en dit is tamaties!” bieg sy.

Wat is die titel van jou gunstelingboek, of ʼn boek wat ʼn diep indruk op jou gemaak het, of ʼn boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?
Lees was nog altyd deel van my lewe. My ma het elke dag vir ons voorgelees. Van sub A (graad een) af het ek ook ongelooflike onderwysers gehad wat my liefde vir boeke en lees net nog verder aangewakker het. Ek was ʼn onderwysstudent en dr Anker het vir ons Die Klein Prinsie deur Antoine de Saint-Exupéry voorgelees. Afgesien van sy mooi stem het die waarhede in daardie boek my ook diep getref.

Hoekom het hierdie boek jou só beïndruk?
Die gedeelte in die boek op bladsy 72 (in my weergawe, in elk geval) het my lewensfilosofie geraak. In daardie aanhaling verduidelik die jakkals vir die Klein Prinsie dat dit net met die hart is wat jy werklik kan sien. Wat regtig belangrik is, is onsigbaar vir die blote oog.

[us_hwrapper]

Ek probeer regtig met my hart na mense luister en kyk.”

[/us_hwrapper]

Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe só?
Ek het baie gunstelingouteurs, want ek voel dat op sekere stadiums in jou lewe sekere outeurs meer met jou praat. Jojo Moyes het my al die ugly cry laat doen en John Grisham, Clive Cussler en Sofia Segovia het weer my laat verdwyn in hulle wêrelde.

Wat lees jy op die oomblik?
Ek lees op die oomblik twee boeke: The Help deur Kathryn Stockett en The Murmur of Bees deur Sofia Segovia.

Verkies jy dit om ‘regte’ gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op ʼn Kindle of ʼn ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?
Niks, maar niks kom naby die reuk van ʼn nuwe boek nie.

Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?
Die Klein Prinsie, onder andere, omdat dit my gunstelingboek is en die waarhede daarin my elke keer opnuut tref.

Wie is jou gunsteling- literêre karakter?
Claire Randall van die Outlander-reeks. Sjoe! Om in Skotland te woon kan nogals vir my werk!

Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?

  • The Giver of Stars deur Jojo Moyes
  • Evening Class deur Maeve Binchy
  • Sophie’s World deur Jostein Gaarder
Tags: , , , , ,

Boekgeselsie met Jackie vW

Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Jackie van Wyk, ʼn opvoedkundige tolk by die Taalsentrum se Tolkdiens.

“Ek het tale aan die US studeer en werk al vir 15 jaar by die Taalsentrum as dosent en opvoedkundige tolk. Dit is vir my baie vervullend om my liefde vir taal, kommunikasie en onderrig te kombineer in my rol as tolk. Verder stel ek belang in persoonlike ontwikkeling, kindersielkunde, entrepreneurskap, ouerskap en musiek – ek speel tromme.”

Wat is die titel van jou gunstelingboek, of  ʼn boek wat ʼn diep indruk op jou gemaak het, of ʼn boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?
ʼn Boek wat my bybly vandat ek dit die eerste keer gelees het, is The History of Rasselas, Prince of Abissinia, deur Samuel Johnson. Dit was ʼn voorgeskrewe boek vir English Studies toe ek voorgraads studeer het en ek onthou hoe ek en my twee vriendinne een reënerige Saterdag daaraan gewy het om die boek saam te bestudeer as voorbereiding vir die eksamen. Dit het ons so vier ure geneem om die boek om die beurt vir mekaar voor te lees, en ek onthou steeds hoe die storie my ingetrek het. Tot vandag toe nog verwys ek nog na Rasselas se verhaal – ek het dit selfs al gebruik in ʼn toespraak by ʼn troue!

Hoekom het hierdie boek jou só beïndruk?
Die boek ondersoek ʼn kritiese lewensvraag: kan die mens geluk vind? Dit vertel die verhaal van ʼn keiser se seun, Rasselas, wat wag op sy beurt om die troon te bestyg. Intussen woon hy, sy sibbe en vele ander in ʼn koninkryk genaamd Happy Valley waar alles perfek is. Die natuurskoon is asemrowend, daar is geen tekort aan rykdom, vermaak, vreugde en vrede nie en niemand benodig enigiets nie. Ten spyte daarvan dat hierdie paradys geluk behoort te waarborg, is Rasselas ongelukkig. Hy kom tot die slotsom dat dit juis die gebrek aan behoefte is wat hom pla. Soos hy dit stel: “I have already enjoyed too much; give me something to desire.” Hy en ʼn groepie ander besluit om te ontsnap uit die vallei om die wêreld daar buite eerstehands te ervaar. Die idee is om daarna ʼn ingeligte besluit te maak oor waar hy die gelukkigste sal wees. Hy maak dit ook sy missie om te sien wie dit reggekry het om ware geluk te vind en soek dit by almal wat hy ontmoet. Ná hulle reis wat meer as ʼn jaar duur, besluit Rasselas egter om terug te keer na die vallei. Die einde word as ʼn antiklimaks beskou omdat hulle die vallei so ongelukkig verlaat het en soveel planne gemaak het om voortaan gelukkig te wees. Tog sê die einde vir my baie. Dit spreek tot die idee dat geluk nie iets is wat jy vind in ʼn plek, mense, beroep of aksies nie. Geluk is iets wat jy self binne jou vestig en dit kan saam met jou gaan; dit maak nie saak waar jy is of saam met wie jy is nie. Die verhaal van Rasselas bevraagteken ook in der waarheid die hele idee van ‘ware’ of ‘volkome’ geluk in hierdie lewe.

 

 

[us_hwrapper]

Per slot van rekening is die lewe tog ook ʼn reis: “Distance has the same effect on the mind as on the eye, and while we glide along the stream of time, whatever we leave behind us is always lessening, and that which we approach increasing in magnitude.”When all is said in done, life is also a journey: “Distance has the same effect on the mind as on the eye, and while we glide along the stream of time, whatever we leave behind us is always lessening, and that which we approach increasing in magnitude.”

[/us_hwrapper]

Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe só?
Ek het nie gunstelingouteurs nie, maar ek geniet ongewone verhale waar die grens tussen fiksie en realiteit vervaag. Ek geniet ook sielkundige rillers, maar as ek net wil ontspan, sien ek geensins neer op ʼn lekker liefdesverhaal nie.

Wat lees jy op die oomblik?
Ek het twee jong kinders en is swanger, so ek het regtig nie in hierdie lewensfase eintlik tyd vir lees nie. Maar ek geniet dit baie om vlogs op YouTube te kyk en ek daar is ʼn paar gesinne wat ek volg, onder meer Bonnie Hoellein, Ellie and Jared, en Elle Lindquist.

Verkies jy dit om ‘regte’ gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op ʼn Kindle of ʼn ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?
Altyd regte gedrukte boeke vir my. Ek is te veel op skerms andersins.

Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?
Ek het nog nooit fiksie meer as een keer gelees nie, maar ek verwys gereeld na ander nie-fiksie boeke soos Groeipyne deur Johan van Lill, en 5 Tale van die Liefde van Kinders deur Gary Chapman en Ross Campbell, en ek vind dit baie waardevol om gereeld Ontsluit die Legkaart van die Bybel deur Bill Jones te lees.

Wie is jou gunsteling- literêre karakter?
Ek onthou nie regtig karakters in stories nie, meer die gebeure en die details van die interaksies.

Watter boek of boeke kan jy by jou vriende, studente en enige iemand anders aanbeveel?

  • The Seven Days of Peter Crumb deur Jonny Glynn
  • Where the Crawdads Sing deur Delia Owens
  • The Holiday deur Erica James
  • Ontsluit die Legkaart van die Bybel deur Bill Jones
Tags: , , , , , , , ,