Deprecated: Return type of WP_Hook::current() should either be compatible with Iterator::current(): mixed, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 482

Deprecated: Return type of WP_Hook::next() should either be compatible with Iterator::next(): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 495

Deprecated: Return type of WP_Hook::key() should either be compatible with Iterator::key(): mixed, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 508

Deprecated: Return type of WP_Hook::valid() should either be compatible with Iterator::valid(): bool, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 521

Deprecated: Return type of WP_Hook::rewind() should either be compatible with Iterator::rewind(): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 532

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetExists($offset) should either be compatible with ArrayAccess::offsetExists(mixed $offset): bool, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 424

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetGet($offset) should either be compatible with ArrayAccess::offsetGet(mixed $offset): mixed, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 438

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetSet($offset, $value) should either be compatible with ArrayAccess::offsetSet(mixed $offset, mixed $value): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 452

Deprecated: Return type of WP_Hook::offsetUnset($offset) should either be compatible with ArrayAccess::offsetUnset(mixed $offset): void, or the #[\ReturnTypeWillChange] attribute should be used to temporarily suppress the notice in /home/taalsentrum/public_html/english/wp-includes/class-wp-hook.php on line 469
The Alchemist – Stellenbosch University Language Centre

Tag: The Alchemist

Boekgeselsie met Fatima F

Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Fatima Halday. Fatima is die Hoof van Kommunikasie by die Taalsentrum, en bestuur die Engels-portefeulje en Kommunikasielab-portefeulje.

“Ek is passievol oor onderrig en leer, en ek geniet dit om met mense te werk. Ek is self ʼn lewenslange leerder en ek brei gedurig my kennis en vaardighede uit met die oog op my persoonlike en professionele ontwikkeling.” Wanneer sy tyd het om bloot vir plesier te lees, verkies sy boeke oor sielkunde, menslike gedrag (goed en sleg), verhoudings, en “die onderlinge verbondenheid van individue en gemeenskappe, omdat dit unieke perspektiewe bied op hoe ons kan sin maak van onsself, van ander mense en van die lewe”.

Wat is die titel van jou gunstelingboek, of ʼn boek wat ʼn diep indruk op jou gemaak het, of  ʼn boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?

The Forty Rules of Love deur Elif Shafak.

Hoekom het hierdie boek jou só beïndruk?

Hierdie verhaal word vertel deur die parallelle stories van Rumi, die legendariese digter uit die dertiende eeu, en Ella Rubenstein, ʼn vrou in haar veertigerjare, wat verlore en onvervuld voel. Sy begin as leser vir ʼn literêre agentskap werk, waar sy afkom op ʼn manuskrip wat haar lewe verander. Dié manuskrip handel oor die beroemde Sufi-digter Rumi en sy verhouding met sy mentor, Shams Tabrizi.

Deur Rumi se verhaal kom ons te wete van die veertig reëls van die liefde. Elke hoofstuk is om een van dié reëls uit Rumi se digkuns opgebou. Die veertig reëls funksioneer as die boek se morele kompas en dui vir die karakters – en vir ons – aan waardeur ʼn mens jou in jou lewe moet laat lei. Die karakters is duidelik gedefinieer en het unieke perspektiewe en diep emosies.

Hierdie reëls is pragtig met die verhaal verweef en bevat groot wyshede oor liefde, die lewe en geestelikheid. Een van die fassinerendste karakters in die boek is Shams Tabrizi, wat Rumi van ʼn teruggetrokke geleerde in ʼn passievolle digter verander. Shams is ʼn kontroversiële figuur wat die tradisionele norme van godsdiens, die samelewing en sedelikheid die stryd aansê. Hy leer Rumi die ware betekenis van liefde, wat veel wyer strek as fisiese aangetrokkenheid of emosionele verbondenheid.

In Ella se storie sien ons ʼn eietydse vrou wat ʼn gemaklike lewe het met ʼn man en kinders, maar wat voel dat iets ontbreek. Haar reis begin met die lees van die manuskrip en word voortgesit deur haar interaksie met Aziz Zahara, ʼn Sufi-derwisj wat haar help om die reëls van die liefde te verstaan. In die loop van haar reis leer Ella om haar vrese in die gesig te staar, haar ware self te aanvaar en beheer oor haar lewe te neem.

The Forty Rules of Love is filosofies van aard en ondersoek die aard van liefde, geloof en die menslike bestaan. In elke hoofstuk deel Rumi aangrypende lesse oor onder meer liefde, vriendskap en geestelikheid. Hierdie reëls is nie net op die karakters in die boek van toepassing nie, maar ook op die leser se eie lewe. In elke les word die verhaal dieper, en help dit lesers om hulle persoonlike lewensfilosofie te omarm en te ontleed. Dit trek ons vooropgestelde idees in twyfel en moedig ons aan om ons eie waarhede te soek. Dit is ʼn boek wat telkens weer gelees kan word, en elke keer sal die leser nog ʼn nuwe laag betekenis ontdek.

Wie is jou gunstlingouteur(s)? Hoe só?

Ek het vroeër baie fiksie gelees, en omdat ek rillers geniet, is my gunstelingouteurs John Grisham, Dan Brown en Karin Slaughter. Ek lees egter reeds vir die afgelope paar jaar hoofsaaklik niefiksie. Die boeke wat ek onlangs gelees het, maak almal deel uit van die School of Life-reeks. Baie van die niefiksie wat ek lees, handel oor sielkunde, filosofie, kultuur, mense en die lewe, wat almal onderwerpe is waarin ek belangstel. Ek hou daarvan om van nuwe konsepte en perspektiewe te leer.

Wat lees jy op die oomblik?

Ek lees tans The Daily Stoic deur Ryan Holiday.

Verkies jy dit om ‘regte’ gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op ʼn Kindle of  ʼn ander elektroniese platform?

Ek verkies dit om gedrukte boeke te lees, maar ek het onlangs begin om met die Kindle-app boeke op my selfoon te lees. Ek het boeke by Amazon gekoop wat baie lank geneem het om aan te kom, dus verkies ek dit nou om eerder die Kindle-weergawe van boeke wat nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, aan te skaf. Forty Rules of Love was een van die eerste e-boeke wat ek op my foon gelees het. Dit was gerieflik omdat die hoofstukke nogal kort is en ek ʼn paar bladsye of hoofstukke kon lees wanneer ek ook al ʼn tydjie gehad het. Ek lees op die oomblik ook The Daily Stoic met my Kindle app.

Boeke op Fatima se bedkassie 

Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?

The Alchemist deur Paulo Coelho. Dit is pragtig geskryf en boeiend, maar leer ons ook belangrike lewenslesse. Dit leer ons dat die heelal saamspan om mense te help om hulle drome te verwesenlik, maar dat hulle bereid moet wees om risiko’s te loop en opofferings te maak om hulle doelwitte te bereik. Dit beklemtoon ook die belangrikheid daarvan om ʼn mens se eie pad in die lewe te volg en om nie ontmoedig te word deur struikelblokke en terugslae nie. Een van die hooftemas van die boek is dat ʼn mens jou passie moet uitleef en jou ware roeping in die lewe moet ontdek, al is die reis hóé moeilik. Die boek bevat talle diepgaande boodskappe oor hoe om moed te skep en uitdagings baas te raak, ʼn mens se drome na te jaag en positief te dink. Dis goeie leesstof vir iemand wat kan doen met ʼn bietjie inspirasie en motivering.

Wie is jou gunsteling- literêre karakter?

Ek het twee. Heidi, en Jo March in Little Women.

Het jy dalk ʼn lewensles uit ʼn boek of by ʼn karakter uit ʼn boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou vorige antwoorde genoem het nie?

Ek deel graag ‘n paar aanhalings waarby ek aanklank vind:

Oos, wes, noord of suid; dit maak nie saak nie. Maak net seker dat elke reis ook ‘n reis na binne is, ongeag wat jou bestemming is. As jy na binne reis, sal jy deur die hele wye wêreld en nog verder gaan.”

           – The Forty Rules of Love deur Elif Shafak

Kwel jou nie oor waarheen die pad lei nie. Konsentreer eerder op die eerste tree. Dit is die moeilikste deel en dit is waarvoor jy verantwoordelik is. Wanneer jy daardie tree neem, moet jy toelaat dat alles gebeur soos dit vanself gebeur, en die res sal daarop volg. Moenie saam met die stroom gaan nie. Wéés die stroom. ”

           – The Forty Rules of Love deur Elif Shafak

Ek is oorval deur herinneringe aan ʼn lewe wat nie meer myne was nie, maar waaruit ek die eenvoudigste en langdurigste vreugde geput het.”

           – The Stranger deur Albert Camus

Tags: , , , , , , , , , , , , , , ,

Boekgeselsie met Jesse B

Leer ons ken deur die boeke wat ons lees! Vandeesmaand gesels ons met Jesse Beukes, ʼn intern in die Taalsentrum se Engels-portefeulje.

Jesse het ʼn graad aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal, met Engelse letterkunde en sielkunde as hoofvakke – ʼn perfekte versnit van haar belangstellings, sê sy. “Van jongs af was boeke en lees ʼn onlosmaaklike deel van my lewe. Ek dink dis diep voorliefdes waarmee my ma definitief iets te doen het. Gedurende die Covid-19-pandemie het ek Stellenbosch toe getrek, waar ek nou voortgaan om my akademiese, professionele en persoonlike belangstellings uit te leef.”

Wat is die titel van jou gunstelingboek, of ʼn boek wat ʼn diep indruk op jou gemaak het, of ʼn boek wat jy om die een of ander rede as onvergeetlik ervaar het?

The Alchemist, ʼn roman deur die Brasiliaanse outeur Paulo Coelho, wat in 1988 vir die eerste keer verskyn het.

Hoekom het hierdie boek jou so beïndruk?

The Alchemist deur Paulo Coelho het ʼn blywende indruk op my gemaak en beklee ʼn spesiale plek in my hart. Deur die verhaal te vertel van Santiago, ʼn jong skaapwagter uit ʼn klein Andalusiese dorpie, leer die boek ons hoe belangrik dit is om ʼn mens se eie hart te volg, die huidige oomblik te koester en betekenis in jou eie legendes te vind.

Ek dra die lesse van The Alchemist, wat lesers (vir my ook) leer in welke mate dit ʼn mens bemagtig om op ʼn outentieke manier te lewe, vir ewig saam met my.”

Verder wil ek graag Oh, The Places You Will Go deur die grote dr Suess noem. Hierdie boek se boodskap is soortgelyk aan dié van The Alchemist, en inspireer en motiveer my al baie jare lank deur al die getye van my lewe heen.

Wie is jou gunstelingouteur(s)? Hoe só?

Ek moet erken dat dit vir my bykans onmoontlik is om slegs een uit te sonder. As ek wel ʼn lys van my gunstelingouteurs moes saamstel, sou die naam Toni Morrison egter ongetwyfeld daarop verskyn. Ek het haar werk ontdek toe ek op universiteit was, en ek het gou besef waarom haar kragtige skryfwerk en onwrikbare verkenning van ras en identiteit vir haar ʼn plek tussen die letterkundige reuse verseker het.

Verder weier ek om die name van dr Suess en Roald Dahl uit die lys weg te laat! Hierdie twee skrywers het my wese en oortuigings help vorm sedert ek baie jonk was en my geïnspireer om dwarsdeur my lewe aan te hou lees. Hulle stories en karakters is vir soveel mense dwarsoor die wêreld baie spesiaal – hulle maak dit vir hulle lesers moontlik om die lewe te aanskou deur ʼn lens van woorde, kleure, dinge en plekke wat die grense van ons verbeelding verbysteek.

Wat lees jy op die oomblik?

Ek lees tans The Midnight Library deur Matt Haig, wat in 2020 verskyn het. Hierdie boek het my aangegryp deur sy verbeeldingryke uitgangspunt en boeiende verhaal, en ek was simmer gou verdiep in die wel en weë van die hoofkarakter, Nora Seed. Haig se treffende verkenning van berou en tweede kanse veroorsaak dat ek met afwagting uitsien na die onthullings en lesse wat ek weet ek in elke hoofstuk te wagte kan wees.

Verkies jy dit om ‘regte’ gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op ʼn Kindle of ʼn ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?

Ek verkies fisiese boeke bó e-boeke omdat ek net so baie daarvan hou om om ʼn boek in my hande vas te hou. Ek is veral lief vir hardebandboeke omdat hulle so lank hou en omdat hulle ʼn tikkie sjarme en glans aan my leeservaring verleen. Ook is dit my droom om eendag ʼn groot biblioteek te hê, met rakke tjokkenblok vol boeke van die vloer af tot teen die plafon.

Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?

Ek herlees The Great Gatsby graag keer op keer, danksy F. Scott Fitzgerald se meesterlike vertelkuns. In hierdie boek verplaas hy die leser reguit na die Jazz-eeu, en deur sy komplekse karakters en verkenning van verskillende maatskaplike temas skep hy ʼn verhaal wat my sodanig boei dat ek dit graag telkens weer beleef.

Wie is jou gunsteling- literêre karakter?

Alhoewel Santiago, die jong skaapwagter in The Alchemist, baie ná aan my hart is, is die BFG (the Big Friendly Giant, oftewel die Groot Vriendelike Reus), geskep deur die vindingryke Roald Dahl, my heel gunsteling. Die BFG se onvergeetlike teenwoordigheid vloei voort uit ʼn spesiale kombinasie van vriendelikheid, dapperheid en kinderlike verwondering, wat vir my blywende standaarde in verskeie aspekte van my lewe daargestel het. Sy sagte geaardheid en verbintenis daartoe om die regte ding te doen, het die vermoë om lesers van alle ouderdomme te inspireer, en almal kan gerus sy storie lees – of selfs na die fliek kyk.

Het jy miskien ʼn lewensles uit ʼn boek of by ʼn karakter in ʼn boek geleer wat jy met ons wil deel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?

Ek wil graag weer verwys na die twee boeke, The Alchemist en Oh, The Places You Will Go, wat ek in my eerste antwoord genoem het, deur ʼn sin uit elk van hulle aan te haal. Die vertalings is my eie:

 And when you want something, all the universe conspires in helping you to achieve it.”

“En wanneer jy iets wil hê, span die ganse heelal saam om jou te help om dit te bereik.”

– Coelho in The Alchemist

You have brains in your head. You have feet in your shoes. You can steer yourself in any direction you choose.”

“Jy het ʼn brein in jou kop. Jy het voete in jou skoene. Jy kan enige rigting inslaan wat jy wil.”

– Dr Seuss in Oh, The Places You Will Go

Tags: , , , , , , , , , ,