Tag: vertaling

Waarom vertaal vertalers?

Ter viering van Internasionale Vertaaldag op 30 September het ons ʼn paar vertalers saam met wie die Taalsentrum werk, gevra hoekom hulle hierdie werk doen – hoekom vertaal hulle?

Lees gerus wat sê hulle – ons dink hulle is absolute superhelde!

[us_cta title=”Zama Bekweni sê:” color=”light” btn_label=””](Xhosa/Engels-vertaler)[/us_cta]

Most useful information, perhaps worldwide, is made available in the English language. The rest of the people who do not understand that language are, in a sense, a forgotten people. Translators, therefore, translate to make information available to such forgotten people.  Every translated text moves the reader from a world of darkness to a world of light. How fulfilling! 

Olona lwazi lubaluleke kakhulu, phantse kulo lonke ihlabathi, lufumaneka ngolwimi lwesiNgesi. Bona bantu abangalaziyo olo lwimi phantse bafana nabaphoswe kwelokulibala. Abaguquli-lwimi ke ngoko baguqula ulwimi ngenjongo yokuba ulwazi lufunyanwe nangabo baphoswe kwelokulibala. Oko kubhaliweyo kwaza kwaguqulelwa kolunye ulwimi kususa lowo ukufundayo ebumnyameni kumse ekukhanyeni. Ayindonwabisi ngako loo nto!  

[us_cta title=”Hendrien Swanepoel sê:” color=”light” btn_label=””](Afrikaans/Engels-vertaler)[/us_cta]

“George Bernard Shaw het eenmaal gesê: ‘Die heel grootste probleem in kommunikasie is die illusie dat dit plaasgevind het.’ Daardie ‘illusie’ – die blote aanname dat ’n boodskap akkuraat oorgedra en reg verstaan is – was al die oorsaak van soveel onenigheid wêreldwyd. Ek vertaal dus om kommunikasie vir soveel moontlik mense werklik en konkreet te maak, veral teen die agtergrond van ons meertalige land waar misverstande bitter maklik ontstaan.”  

“George Bernard Shaw once said: ‘The single biggest problem in communication is the illusion that it has taken place.’ This ‘illusion’ – merely assuming that a message has been accurately conveyed and correctly understood – has been the cause of many a conflict. Therefore, I translate to make communication real and concrete for as many people as possible, particularly against the backdrop of our multilingual country where misunderstandings easily creep in.”

[us_cta title=”Laetitia Bedeker sê:” color=”light” btn_label=””](Afrikaans/Engels-vertaler)[/us_cta]

Mense vra dikwels, Raak jy nie verveeld om heeldag voor ʼn rekenaar te sit en vertaal nie? Dis belaglik. Die afgelope week het ek wiskunde, QR-kodes, ʼn bedryfsopsommingvliegtuiginstrumentasieteorie, mediese praktyk en kunsgeskiedenis vertaal. Hoe kan dit vervelig wees? Dit is my passie en ek geniet elke sekonde daarvan. Al waaroor ek spyt is, is dat ek nie elke liewe feit kan onthou nie – ek sou die intelligentste mens op aarde gewees het!  

People often ask me, Don’t you get bored sitting in front of a computer all day translating? That’s laughable. Only this week, I translated mathematics, QR codes, an executive summary, aircraft instrumentation theory, medical practice and art history. How can that possibly be boring? It is my passion and I love every second of it. My only regret is that I cannot remember every single fact – I would have been the most intelligent person on earth! 

[us_cta title=”Ingrid Swanepoel sê:” color=”light” btn_label=””](Afrikaans/Engels-vertaler)[/us_cta]

“Ek dink ek vertaal omdat ek oortuig is dat die wêreld heeltemal ʼn ander soort plek sou gewees het as daar nooit wankommunikasie tussen mense was nie, en taal is mense se primêre kommunikasiemiddel. Ek hou van goeie, duidelike kommunikasie wat by punt A begin en in logiese stappe by die einde kom, of die einde nou by punt B of punt Z is. Dit gee my ʼn besondere gevoel van genoegdoening om die boodskap in ‘n goeie teks in een taal klinkklaar, ondubbelsinnig en sonder frilletjies en valletjies oor te dra in ʼn ander taal. Ek hou daarvan om ʼn teks só te vertaal dat die teikenlesers dit geniet om dit te lees of aan te hoor. Dis sommer net vir my vreeslik lekker om te weet ek stuur ʼn goeie vertaling die wêreld in. “

I think I translate because I am convinced that the world would have been a very different place if there had never been communication problems between people – and language is human beings’ primary means of communication. I like good, clear communication that starts at Point A and progresses logically to the end, regardless of whether the end is at Point B or Point Z. It gives me great satisfaction to translate a well-written message from one language to another and to do so clearly and economically, avoiding wordiness and high-faluting, ambiguous terminology. I like translating a text in such a way that the target readers enjoy reading or hearing it. It’s an amazing feeling to know that I got a translation just right. 

[us_cta title=”Lee Beeslaar sê:” color=”light” btn_label=””](Afrikaans/Engels-vertaler)[/us_cta]

Ek hou van woorde. Woorde rig ons menswees. Hulle beskik oor soveel mag – iets waarvan ons nie altyd bewustelik kennis neem nie. 

 

“I love words. Words direct our humanity. They have so much power – something that we are not always consciously aware of.” 

 

Tags: , ,

Boekgeselsie met Alta vR

 

Leer ken ons deur die boeke wat ons ons lees! Elke eerste Vrydag van die maand deel ons ʼn onderhoud met ʼn Taalsentrumpersoneellid oor ʼn gunsteling- of onvergeetlike boek.

Alta is baie lief vir lees en vir reis, en as dié twee elemente gekombineer kan word, nog beter.

Wat is die titel van die gunstelingboek(e) waarvan jy wil vertel? Iets wat ek onlangs geniet het, is Lucinda Riley se Seven Sisters-reeks, wat tans uit sewe boeke bestaan. Dit is gebaseer op die sterswerm (star cluster) Pleiades wat in verskeie kulture beskryf word. Die reeks begin met die heengaan van sewe aangenome susters se pa, en die briewe wat hy aan elke dogter geskryf het met leidrade oor waar elkeen vandaan kom as hulle sou kies om hulle bloedfamilie op te spoor. Teen die einde van die sewende boek raak dit duidelik dat daar ’n agtste boek oor die pa sal moet wees. Met die outeur se afsterwe is lesers nog steeds nie seker of daardie laaste boek geskryf is en gepubliseer gaan word nie. Die onsekerte laat my so effens dink aan Game of Thrones...

Hoekom is dit ʼn gunsteling?
Vier hoofredes: Eerstens, die leser reis saam met elke suster na verskeie dele van die wêreld (soos Brasilië, Skotland, Kenia en Ierland) waar twee storielyne jou boei, een in die hede en een in die verlede, waarna hierdie twee storielyne saamgesnoer word. Tweedens, dis sterk vrouekarakters wie se lewens skielik omver gewerp word, en die leser ervaar elke suster se innerlike reis in haar soeke na haar identiteit en bestaansrede. Derdens, die oudste suster is soos ek ʼn vertaler. En vierdens, ek het voorgraads musiek studeer, en die tweede suster het familiebande met die Noorweegse komponis Edvard Grieg. So ná daardie eerste boeke kon ek nie die res van die reeks weerstaan nie.

Wie is jou gunstelingouteur? Hoe só?
Ek is lief vir fantasie, veral Terry Pratchett en Neil Gaiman. En Nataniël se rubrieke laat my telkens skater van die lag.

Wat lees jy op die oomblik?
The Artist’s Way deur Julia Cameron, waarin ek reeds ʼn hele paar idees gekry het oor hoe om my kreatiwiteit weer te ontdek en te ontwikkel.

Verkies jy dit om ‘regte’ gedrukte boeke te lees, of lees jy eerder boeke op ʼn Kindle of ʼn ander elektroniese platform? Wat is die rede vir jou voorkeur?
Daar is geen opsie nie – ek wil definitief die gedrukte boek se papier in my hande voel.

Watter boek het jy al meer as een keer gelees? Vertel ons hoekom?
Elders deur Erns Grundling, waarin hy sy pelgrimstog op die Camino (die Franse roete) beskryf. Dit het my aangespoor en ek het in Oktober 2019 die Portugese Kusroete saam met ʼn groep van die tydskrif Weg gaan stap. Ek is uiters dankbaar dat ek daardie reis nié uitgestel het tot later nié. Buen Camino!

Wie is jou gunsteling- literêre karakter?
Die kat Maurice in Terry Pratchett se The Amazing Maurice and his Educated Rodents. Maurice is ʼn straatkat en swendelaar wat – met die hulp van ʼn paar slim rotte – geld maak uit mense se goedgelowigheid. Hierdie boek is pure pret!

Het jy dalk ʼn lewensles by ʼn boek of ʼn karakter uit ʼn boek geleer wat jy met ons wil deel?
Die onlangse heengaan van ʼn liewe kollega het my herinner aan ʼn boek uit my kinderdae: Michael Ende se sprokiesroman Momo wat uit Duits in Afrikaans vertaal is. Dit is ʼn tydlose verhaal oor die “grys menere” wat mense se tyd steel. Die dogtertjie Momo is die enigste een wat raaksien wat besig is om te gebeur. Sy is bang, maar ook dapper genoeg om die gesteelde tyd te gaan soek en aan die mense terug te gee. Ons kan ongelukkig nie verlore tyd inhaal nie, daarom probeer ek hard om hiérdie oomblik ten volle te beleef en om herinneringe saam met my geliefdes te skep.

Watter boeke kan jy aanbeveel, as jy dit nog nie in een van jou ander antwoorde genoem het nie?
Tracy Chevalier: Sy kombineer historiese feite met verbeelding om in Girl with a Pearl Earring ʼn agtergrondstorie te weef oor die beroemde skildery deur die Nederlandse skilder Jan Vermeer. Lees gerus ook haar ander boeke. Enigiets deur Marita van der Vyver – ook haar kosboeke. En dan veral: énigiets wat jou hardop laat skater van die lag!

 

 

Tags: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , ,