Vanjaar sluit die US by die EUTOPIA-alliansie se Taleweek van 2 tot 5 Maart 2026 om tale, kutuur en diversiteit die wêreld oor te vier.
Ons vier vroue in Vrouemaand: Faika se besoek aan Tarragona in Spanje
Taaldag 2025
V en A met dr Schalk van der Merwe ter viering van tien jaar van Afrikaanse taal en kultuur vir Nederlandssprekende uitruilstudente
Dr Schalk van der Merwe, buitengewone senior lektor aan die Universiteit Stellenbosch (US), is reeds vir ‘n aantal jaar ‘n gereelde gasbesoeker by die Afrikaanse taal- en kultuurkursus vir Nederlandssprekende studente, waar hy op verhalende wyse sleutelgebeure uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis met studente deel en bespreek. “Wanneer dit kom by die geskiedenis en herkoms van Afrikaans, is dit noodsaaklik om die taal se diversiteit uit te beeld, asook hoe dit in diens gestaan het van prosesse van sosiale verandering,” sê dr Van der Merwe. As deel van die kursus se tienjaarviering het ons hom ʼn paar vrae gevra.
Tien jaar van Afrikaanse taal en kultuur vir Nederlands-sprekende uitruilstudente: ’n Onderhoud met Sen Joostens
Sen Joostens het in 2020 die Afrikaanse taal- en kultuurkursus vir Nederlanssprekende studente as Belgiese uitruilstudent aan die US voltooi. Ons het met Sen gesels tydens sy onlangse besoek aan die US om hom te vra oor sy ervaring van hierdie kursus, wat vanjaar tien jaar se fasilitering van kulturele leer vier.
Kom ons gesels oor taalvryheid ter viering van Vryheidsdag
Vryheidsdag roep ons op om hulde te bring aan die opofferings wat in die stryd teen apartheid gemaak is, en om te besin oor die vryhede wat deur daardie opofferings verwerf is. Vryheid is nie net polities nie; dis ook kultureel, taalkundig en nou verbonde aan ons reg om onsself uit te druk. In ‘n Suid-Afrika wat in die ware sin van die woord meertalig is, sal geen taal uitgesluit word nie en niemand sal agterbly nie. Ons is nog nie heeltemal daar nie – maar vryheid is immers nie ʼn bestemming nie; dit is ‘n aanhoudende strewe, ‘n wording. Taalaktivisme is besig om momentum op te bou, en daar is reeds veel om te vier en op voort te bou.
Tien jaar van Afrikaanse taal en kultuur vir Nederlandssprekende studente aan die US: ’n Onderhoud met dosent Helga Sykstus
Taal as mensereg: Menseregtedag 2025
Tale maak saak! Internasionale Moedertaaldag 2025
Tale is die draers van die tradisies, geskiedenis en identiteite van hul sprekers. Wanneer ʼn taal verdwyn, is ʼn unieke manier van dink, stories oordra en wêreldbeeld, vir altyd verlore. Op Vrydag 21 Februarie word Internasionale Moedertaaldag vir die 25ste keer wêreldwyd gevier om bewustheid van taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder en om meertaligheid aan te moedig. Weet jy wat op 21 Februarie 1952 gebeur het toe Bengaalse studente in die destydse Oos-Pakistan (nou Bangladesj) betoog het vir die erkenning van Bengaals as ʼn amptelike taal?
Taleweek 2025 by die US, met iets vir alle studente en personeel
Dis weer tyd vir die EUTOPIA-US Taleweek vanaf 3 tot 7 Maart om taal, kultuur en diversiteit oor die wêreld heen te vier.












