Tag: EUTOPIA

Taleweek 2025 by die US, met iets vir alle studente en personeel

Dis weer tyd vir die EUTOPIA-US Taleweek – vanjaar vanaf 3 tot 7 Maart. Taleweek by Stellenbosch Universiteit (US) word georganiseer deur die US Taalsentrum, en beloof om ’n besondere week te wees. Kom vier taal, kultuur en diversiteit saam met ander mense wêreldwyd! 

Taleweek by die US is gemik op studente en personeel, en bied drie geleenthede wat in lewende lywe bygewoon kan word en vier aanlyn geleenthede, alles gratis. Die van aangesig tot aangesig-geleenthede sluit in ’n interaktiewe Taalkafee-aand, ’n meertalige Karaoke-middagete-sessie en ’n Afrikaanse Poësie-aand aangebied deur die studentevereniging VER[r]AS. Die aanlyn geleenthede bied drie taalaanleer-ervarings gedurende etenstyd om jou ’n voorsmakie te gee van ’n taal wat jy dalk wil verken: ’n Xhosa-voorsmaakkursus, ’n Suid-Afrikaanse Gebaretaal-voorsmaakkursus en ’n Afrikaans-voorsmaakkursus. Daarbenewens is daar ’n interakiewe aanlyn sessie wat die onderlinge verband tussen die US se konsep van ’n meertalige ingesteldheid en interkulturele vaardighede ondersoek, getiteld Ondersoek en Ontwikkel ʼn Meertalige Ingesteldheid (Exploring and Developing a Multilingual Mindset). Besprekings vir US-geleenthede word deur Eventbrite hanteer – hier vind jy meer inligting oor al die geleenthede, asook skakels om te registreer. 

Meer geleenthede is aanlyn beskikbaar deur die EUTOPIA-alliansie – kyk hier na wat aangebied word. Instellings regoor die wêreld neem deel aan EUTOPIA Taleweek, wat gedurende daardie week aan personeel en studente van alle EUTOPIA-vennote die geleentheid bied om aanlyn geleenthede regoor die wêreld by te woon en sodoende met mekaar wisselwerking te hê. Die US is een van ses globale vennootuniversiteite waarmee EUTOPIA buite sy kern-alliansie van tien Europese universiteite saamwerk om ’n internasionale toegangspunt vir die uitruil van kennis en kultuur te skep. 

Registreer gou om jou plek te verseker. Inligting oor venues en skakels vir aanlyn deelname sal ná registrasie gestuur word. Laat asseblief die organiseerders weet indien jy van plan verander nadat jy geregistreer het, sodat hulle jou plek vir iemand anders kan beskikbaar kan maak en nie onnodig vir jou voorberei nie. 

Stuur ’n e-pos aan languagesweek@sun.ac.za vir navrae of kansellasies. 

Tags: , , , , , , ,

Eerste Taleweek aan die US, met iets vir alle personeel en studente

Taleweek van 4 tot 8 Maart 2024 vind vanjaar vir die eerste keer by die Universiteit Stellenbosch (US) plaas. Hierdie geleentheid word in samewerking met die EUTOPIA Alliansie aangebied om tale, kultuur en diversiteit te vier.

Die EUTOPIA Alliansie is ʼn internasionale toegangspunt vir die uitruil van kennis en kultuur, en die US is een van ses globale vennootuniversiteite waarmee EUTOPIA saamwerk buite sy kernalliansie van 10 Europese universiteite.

Instellings regoor die wêreld neem deel aan EUTOPIA Taleweek, wat gedurende daardie week aan personeel en studente van alle EUTOPIA-vennote die geleentheid bied om aanlyn gebeure regoor die wêreld by te woon en sodoende met mekaar wisselwerking te hê.

Die EUTOPIA Alliansie is ʼn internasionale toegangspunt vir die uitruil van kennis en kultuur, en die US is een van ses globale vennootuniversiteite waarmee EUTOPIA saamwerk buite sy kernalliansie van 10 Europese universiteite. Instellings regoor die wêreld neem deel aan EUTOPIA Taleweek, wat gedurende daardie week aan personeel en studente van alle EUTOPIA-vennote die geleentheid bied om aanlyn gebeure regoor die wêreld by te woon en sodoende met mekaar wisselwerking te hê.

Aan die US vind Taleweek van aangesig tot aangesig, aanlyn en in ʼn gemengde formaat plaas, met ʼn ryk verskeidenheid aktiwiteite aangebied deur verskeie US departemente. Dgeleenthede val in een van vier kategorieë: ie Films, Strek, Taalaanleer en Gesprekke. Films sluit filmaande in waar films in Afrikaans en Mandaryns vertoon word, terwyl Strek interaktiewe en prettige geleentheide huisves waar jy jou meertalige vermoëns in ʼn sosiale omgewing kan gebruik, soos die Taalkafee en Meertalige Karaoke-geleentheid. Taalaanleer is presies wat dit sê: hier kan jy die gevoel van ʼn taal kry wat jy dalk wil verken, van Xhosa tot Suid-Afrikaanse Gebaretaal. Gesprekke gee jou toegang tot kundiges wat boeiende verskynsels in taal, kultuur, letterkunde, vertaling, meertaligheid en selfs in die internasionale taalbeleidarena bespreek. Klik deur na die program om meer te lees!

Alle geleenthede is gratis vir US-personeel, -studente en vir alle EUTOPIA Alliansievennote. Registrasieskakels is beskikbaar in die program. Registreer asseblief om jou plek te verseker, en inligting oor lokale en skakels om aanlyn aan te sluit, sal ná registrasie aangestuur word. As jy van plan verander nadat jy geregistreer het, laat ons asseblief weet sodat ons daardie plek vir iemand anders kan beskikbaar maak, of om te voorkom dat ons onnodig vir jou voorberei.

Die US Taleweek word deur die US Taalsentrum gekoördineer en beloof om ʼn besondere geleentheid te wees. Vier tale, kultuur en diversiteit saam met mense van dwarsoor die wêreld wat dieselfde ingesteldheid het.

Bekyk gerus die volledige US program hier en bespreek jou plek via die skakels in die program. Die EUTOPIA Taleweek-webblad wat inligting oor alle gebeure deur alle globale vennote bevat, is hier beskikbaar, en jy kan jou plek vir wêreldwye gebeure daar bespreek.

Navrae of kansellasies: taalsentrum@sun.ac.za

[us_btn label=”US Taleweek-program” link=”url:https%3A%2F%2Fbit.ly%2FSULanguagesWeekProgramme|target:_blank|”][us_btn label=”EUTOPIA Taleweek-program” link=”url:https%3A%2F%2Fwarwick.ac.uk%2Fstudents%2Fwarwickpresents%2Flanguagesweek%2F|target:_blank|” align=”right”]

 

 

 

 

Tags: , , ,