’n Oproep aan alle dosente!
Maak jou fakulteit se taalimplementeringsplan tolking in jou module nodig? Sou jy graag tolking wou gebruik om aan ʼn pedagogiese behoefte te voldoen, of om ruimte vir meertalige onderrig en leer te skep?
Die kort video hier onder verduidelik hoe jy maklik van intydse aanlyn tolking gebruik kan maak. Volg hierdie stap-vir-stap-gids met skermgrepe wat wys hoe die MS Teams opgestel word en hoe die uitgebreide leerruimte-stelsel (ULR-) in die klaskamer lyk, om dit in minder as sewe minute op te stel.