ʼn Meertalige ingesteldheid

'n Meertalige ingesteldheid

As ʼn toonaangewende universiteit in Afrika, glo die Universiteit Stellenbosch (US) dat meertaligheid saak maak. Ons glo dat meertaligheid oor meer gaan as bloot die vermoë om verskeie tale te gebruik. Dit gaan daaroor om aan mense ʼn stem te gee, ongeag die taal of tale wat hulle gebruik. Dit gaan daaroor dat die waarde van dit wat gesê word, erken word, of dit nou in Afrikaans, Engels, isiXhosa of Suid-Afrikaanse Gebaretaal gesê word. Dit spreek tot ons diversiteit as ʼn land – en maak dit vir ons moontlik om op maniere met mekaar te skakel wat andersins onmoontlik sou wees. Meertaligheid is derhalwe ook ʼn gesindheid.

By die US fokus ons nie slegs op institusionele meertaligheid nie, maar ook op individuele meertaligheid. Ons fokus dus nie slegs daarop om meertalige ruimtes by die Universiteit te vestig (byvoorbeeld deur te vertaal en te tolk) waar ʼn diverse groep eentalige mense saambestaan nie, maar ons moedig mense ook doelbewus aan om meer as een taal te gebruik, selfs al kan hulle net ʼn paar woorde in party van daardie tale verstaan en praat.

Individuele meertaligheid is ʼn bate wat ons graag wil ontwikkel weens die duidelike akademiese voordele wat dit op nasionale sowel as internasionale gebied inhou. Wanneer geleenthede vir individuele meertaligheid geskep word, word mense in staat gestel om hulle vermoë te ontwikkel om tale of taalvariëteite in verskillende vorme en op verskillende vaardigheidsvlakke te gebruik. As jy al probeer het om ʼn nuwe taal te leer, sal jy weet dat dié leerervaring jou hele lewe kan verander. Namate jou ervaring van ʼn taal in sy eie kulturele konteks uitbrei, sal jy vind dat die tale en kulture waarmee jy vertroud is nie in afsonderlike kompartemente van jou bewussyn bly nie, maar dat jy eerder ʼn kommunikerende, meervoudige taalvaardigheid opbou waartoe al jou kennis en ervaring van taal bydra, en waar die verskillende tale onderlinge verbintenisse vorm en met mekaar in wisselwerking tree.

Transtaling in die lesingsaal is een so ʼn veeltalige praktyk of gedrag. Ofskoon dit belangrik is om vir studente ruimte te skep om instrumente soos transtaling te gebruik om informeel in die klaskamer te kommunikeer, behoort studente ook taal of tale formeel te bestudeer en te leer hoe om die akademiese en tegniese registers daarvan te gebruik.

Meertaligheid Die vermoë om meer as een taal op verskillende vaardigheidsvlakke en vir verskeie doeleindes aan te wend. Meertalige mense, samelewings en instansies waardeer gewoonlik diversiteit. By die US moedig ons institusionele sowel as individuele meertaligheid aan.
Taaldag 2021

Met die oog op hierdie onderlinge verhouding en interaksie tussen tale, het die Afdeling Leer- en Onderrigverryking ʼn energieke aanlyn geleentheid aangebied waar ons, die US se studente en personeel, die geleenthede en moontlikhede wat meertaligheid ons bied, met mekaar kon deel.

Taaldag 2021 het op 30 September plaasgevind. Die dag het aan akademici, studente en professionele akademiese steundienspersoneel (PASD-personeel) ʼn geleentheid gebied om by mekaar te leer sodat ons die gesprek oor taal aan die US nuut kan benader. Ons het positiewe en besielende gesprekke gevoer oor hoe ons ʼn meertalige ingesteldheid by onderrig, leer en assessering sowel as by die sosiale lewe buite die klas kan integreer.

Die tema vir die dag was Taal, leer, leef! Die implementering van meertaligheid by die US in akademiese en sosiale ruimtes. Dié tema is deur twee aanlyn paneelbesprekings, elk met drie subtemas, van nader bekyk:

Meertaligheid in (aangevulde afstands-) leer, onderrig en assessering

Meertaligheid in administratiewe, sosiale en leefruimtes

’n Nuwe tipe intensionaliteit is nodig om ruimte te skep vir taal, en sodoende ruimte te skep vir mense, d.w.s. om meertaligheid te veranker in die wese van al die verskillende US-ruimtes, van die onderrig- en leer- tot die administratiewe, sosiale en leefruimtes. Alle aspekte van meertaligheid – individuele, institusionele en samelewingsmeertaligheid – moet in ons daaglikse interaksies op ons kampusse erken en gerespekteer word. “

Alle betrokkenes was bereid om saam te werk om dít te bereik en meertaligheid as ’n ingesteldheid te vestig. Daarbenewens was daar sterk steun vir die aanbeveling dat meertaligheid sigbaarder gemaak word as deel van die graduandi-kenmerke in die nuwe US Onderrig- en Leerstrategie.

Kyk gerus na die ’n videospeellys hier onder wat die kern van die dag se program saamvat, waaronder video’s oor ’n meertalige ingesteldheid, die openingsessie deur die Rektor, die paneelaanbiedings, en die slotrede deur die Viserektor (Leer en Onderrig).

Die bydraes was kort en kragtig, en het die aanlyn deelnemers se aandag deurgaans geboei. Die 11 wegbreeksessies ná elke paneelbespreking het op hulle beurt deelnemers ’n geleentheid gebied om lewendige, positiewe gesprekke te voer en hulle menings te lug.

Lees gerus die verslag oor Taadag 2021 hier.

Verduidelikings

Ons gebruik ʼn paar woorde op hierdie bladsy wat kan doen met meer verduideliking. Kyk gerus na die omskrywings hier onder om te verseker dat jy die begrippe volledig begryp.

Stories oor taal en meertaligheid

 

Kom ons gesels oor taalvryheid ter viering van Vryheidsdag

Vryheidsdag roep ons op om hulde te bring aan die opofferings wat in die stryd teen apartheid gemaak is, en om te besin oor die vryhede wat deur daardie opofferings verwerf is. Vryheid is nie net polities nie; dis ook kultureel, taalkundig en nou verbonde aan ons reg om onsself uit te druk. In ‘n Suid-Afrika wat in die ware sin van die woord meertalig is, sal geen taal uitgesluit word nie en niemand sal agterbly nie. Ons is nog nie heeltemal daar nie – maar vryheid is immers nie ʼn bestemming nie; dit is ‘n aanhoudende strewe, ‘n wording. Taalaktivisme is besig om momentum op te bou, en daar is reeds veel om te vier en op voort te bou.

Taal as mensereg: Menseregtedag 2025

Op Vrydag 21 Maart vier ons Menseregtedag in Suid-Afrika – ses dekades nadat die gebeure by Sharpeville op dieselfde dag in 1960 sou maak dat dié datum vir ewig deel…

Tale maak saak! Internasionale Moedertaaldag 2025

Tale is die draers van die tradisies, geskiedenis en identiteite van hul sprekers. Wanneer ʼn taal verdwyn, is ʼn unieke manier van dink, stories oordra en wêreldbeeld, vir altyd verlore. Op Vrydag 21 Februarie word Internasionale Moedertaaldag vir die 25ste keer wêreldwyd gevier om bewustheid van taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder en om meertaligheid aan te moedig. Weet jy wat op 21 Februarie 1952 gebeur het toe Bengaalse studente in die destydse Oos-Pakistan (nou Bangladesj) betoog het vir die erkenning van Bengaals as ʼn amptelike taal?

Die uitkringeffek van taal

Die meeste van ons dink nie juis gedurende ons daaglikse doen en late aan taal as ʼn abstrakte begrip nie. Nogtans bepaal die taal wat ons in ons studies, by…
girl with wings out of autumn leaves

ʼn Mymering oor die vryheid wat taal bring

Verbeel jou ʼn wêreld sonder taal. Kan ʼn mens jouself so-iets selfs voorstel? Is taal nie so vervleg met denke dat dit nie eintlik help ʼn mens dink as jy nie in taal dink nie? Hoe sou ʼn mens toegang tot jou eie gedagtes kry en hulle kommunikeer as ʼn mens dit nie in een of ander soort taal omsit nie?

This post is also available in: English Afrikaans isiXhosa

Menu